Lukas 6:20-26

Lukas 6:20-26 ABA

Jesus kyk toe na sy dissipels en Hy sê vir hulle: Julle wat arm is, is gelukkige mense, want God is julle Koning. Julle wat nou honger is, is gelukkige mense, want God sal vir julle genoeg gee om te eet. Julle wat nou huil, is gelukkige mense, want julle sal lag. Julle is gelukkige mense wanneer die mense julle haat en wegjaag en beledig en slegte dinge van julle sê omdat julle aan My behoort, aan My, die Seun van die mens. Julle moet bly wees wanneer dit gebeur, so bly dat julle rondspring, want in die hemel sal God baie goed wees vir julle. Kan julle onthou wat gebeur het met die profete? Die voorouers van die mense wat vir julle nou haat, het die profete lank gelede ook so gehaat. Maar God sal dit sleg laat gaan met julle wat ryk is, want dit het in hierdie lewe goed gegaan met julle. God sal dit sleg laat gaan met julle wat nou baie kos het, want julle sal eendag honger wees. God sal dit sleg laat gaan met julle wat nou lag, want julle sal eendag huil en treur. God sal dit sleg laat gaan met julle wanneer al die mense net mooi dinge van julle sê, want hulle voorouers het lank gelede ook net mooi dinge van die vals profete gesê.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Lukas 6:20-26

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid