Leesplan inligting

Here, dis ek hierso!Voorbeeld

Here, dis ek hierso!

DAG 5 VAN 7

WIE IS EK NOU EINTLIK

"Here, U het my tot in die fynste detail gemaak. In die baarmoeder het u my gevorm. Ek wil u prys omdat U my so volmaak geskep het. U doen wonderlike werk." Psalm 139:13-14 DB.

Here, wie is ek nou eintlik? Ek is te arm. Ek het nie baie geld nie. My familie het nie aansien in die gemeenskap nie. Ek het nie ‘n man nie. Ek het nie ‘n vrou nie. Ek is te vet. Ek het nie vriende nie. Here, niemand sien my raak nie!

As dit jou sinne is, vra jouself: Waar kom ek vandaan? Die antwoord: God het my beplan. As jy vra: Wie is ek? Dan wil ek jou antwoord: Jy is ‘n kind van God. Want as jy Jesus aangeneem het as jou Verlosser, leef die Heilige Gees binne-in jou.

As jy nog steeds sê: "Maar kyk hoe lyk ek!" Dan wil ek jou vra om weer Psalm 139 te gaan lees. Jy moet glo en weet dat God jou beplan, gevorm en geskep het. Hy het sy asem in jou geblaas (Genesis 2:7). Jy leef en beweeg deur Hom en in Hom (Handelinge 17:28).

Kies vandag om ‘n positiewe denkpatroon te ontwikkel. Handelinge 3:19-20 AMP sê dit so treffend: “So repent- wat beteken dit? (Change your inner self – your old way of thinking, regret past sins) and return to God – seek His purpose for your life, so that your sins may be wiped away so that times of refreshing may come from the presence of the Lord (restoring you like a cool wind on a hot day); and that He may send to you Jesus the Christ, who has been appointed for you ...” Gaan op ‘n dieet as jy kan. Was jou hare en versorg jou liggaam sover jy kan, want God het jou lief. Hy sien jou raak. Glo dit en ervaar God se teenwoordigheid soos ‘n koel wind op ‘n warm dag.

God het Jesus aangestel om jou te help. Vertrou Hom want: “U my so volmaak geskep.” (Psalm 139:14 DB).

Sê vir God dankie vir jou liggaam, talente en gawes. Doen moeite om te ontdek waarin jy goed is, fokus daarop en gebruik dit dan tot sy eer.

Gebed:

My Hemelvader, baie dankie dat U my gevorm het met ‘n spesifieke doel. Gee dat ek u drome en begeertes vir my lewe sal uitleef. Laat ek dit asseblief gebruik om ander te help. Amen.

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Here, dis ek hierso!

Voel jy soms bang en moedeloos omdat die lewe se uitdagings net te veel vir jou raak? Voel jy soms jy hoor nie meer God se stem nie? Wonder jy selfs oor jou eie identiteit? Gelukkig is God so lief vir jou dat Hy jou vul ...

More

Ons wil graag Sonja Goldberg bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.sonjagoldberg.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid