Leesplan inligting

Here, dis ek hierso!Voorbeeld

Here, dis ek hierso!

DAG 3 VAN 7

HIER IS MY WENSLYSIE, HERE!

"Jou hemelse Vader wil net die beste dinge vir jou gee. As jy ‘n pa is, behoort jy dit goed te verstaan. Jy wil mos graag net goeie dinge vir jou kinders gee, nie waar nie?" Matteus 7:9 DB.

Het jy ‘n wenslysie? Een waarin jy wens vir ‘n nuwe motor, of ‘n groter huis? Dalk wens jy vir ‘n baba, ‘n lewensmaat of ‘n bevordering. Dalk wens jy jy kan gewig verloor of geld iewers wen. Miskien wens jy vir ‘n sober lewenswyse, meer vriende en vir vrede in die wêreld. Dalk wens jy vir gesondheid, herstel van jou huwelik of om van jou slegte gewoontes ontslae te kan raak. Ek dink die meeste mense loop en wens maar gedurig vir dinge. Dit kan groot of klein dingetjies wees. Alles om eintlik maar net ons lewe makliker te kan laat verloop, nè?

As jy kinders het, sal jy weet hoe graag jy vir jou kind wil gee wat hy vra. Soms het jy nie die geld nie en soms weet jy voor jou siel jou kind is nog nie emosioneel of fisiek gereed vir daardie groot ding wat hy vra nie. Maar meer dikwels vra ons kinders net vir ‘n gelukkige huis waar almal mekaar liefhet en in vrede saamwoon. Die hartseer is dat dit juis baiekeer die dinge is wat so eenvoudig en voor die hand liggend is, wat ons nie in staat is om vir ons kinders te gee nie, omdat ons aanhou stry en baklei; omdat die honger na meer geld ‘n al hoe groter rol in die samelewing speel; omdat TV en sosiale media al ons tyd en aandag opslurp en omdat ons nie meer vir Jesus Christus in ons harte het nie.

Gelukkig ken God ons. Hy sien jou raak. Hy is so lief vir jou dat Hy graag vir jou ook die lekker dinge wil gee wat jy vra. Miskien is dit vandag tyd dat ons daardie keuse moet maak om ons eers te beywer om God ‘n eerste prioriteit in ons lewens te gee, nè? (Matteus 6:33). Vra Hom dat jy liewers sy begeertes vir jou lewe wil hê, toe!

Dit is die ding wat ons moet weet: Ons kan God enigiets vra. Hy ken ons harte en Hy wil vir ons net die beste hê.

Gebed:

My Hemelvader, hier is my wenslysie. Ek lê dit voor U neer. Maar ek bid dat U asseblief vir my eerste u begeertes gee. Ek wil so graag eerder in u wil leef, as in my eie. Amen.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Here, dis ek hierso!

Voel jy soms bang en moedeloos omdat die lewe se uitdagings net te veel vir jou raak? Voel jy soms jy hoor nie meer God se stem nie? Wonder jy selfs oor jou eie identiteit? Gelukkig is God so lief vir jou dat Hy jou vul ...

More

Ons wil graag Sonja Goldberg bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.sonjagoldberg.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid