Leesplan inligting

Here, dis ek hierso!Voorbeeld

Here, dis ek hierso!

DAG 2 VAN 7

EK IS BANG

Onthou, dit is Ek self wat jou hierdie opdrag gee: wees sterk en vertrou My met alles in jou! Moenie vir iets of iemand skrik of bang wees nie, want Ek, die Here jou God, is by jou waar jy ook al gaan. Josua 1:9 DB.

Is jy vandag bang?

Bang vir die donker, of die onbekende? Miskien is jou vrees dit wat ander mense van jou sê. Dit gebeur ook dat ons soms bang is vir doodgewone goed soos spinnekoppe, nuwe bure, om te trou of dood te gaan. Verandering is nie vir almal ewe maklik nie. Ja, verandering maak ‘n mens bang.

Hierdie woorde in ons teksvers van God aan Josua wys vir my dat God ons menslike emosies so goed verstaan. Onthou, Moses was pas dood en die jonge Josua moes oorneem as leier om die volk die beloofde land binne te lei. Hy was verseker doodbang om in ‘n groot leier se voetspore te volg en boonop moes hy die verlies van sy rolmodel verwerk. Dit kon nie vir hom maklik gewees het nie. Ook was daar ‘n groot groep van die mense wat te bang was vir die reuse wat op hulle in die beloofde land wag en hulle was opstandig oor die veranderinge in húlle lewens.

Onthou: Leiers en mense kom en gaan. Mense se opinies verander in ‘n oogwink. Maar ons God is ewig. Hy gaan nie weg nie en Hy verander nooit. Sy Woord staan vas en is kragtig. As ons Hom glo, en leef en beweeg in die beloftes wat Hy ons gee, dan gebeur daar wonderwerke in mense se harte en kry ons God se vrede.

Hebreërs 4:16 DB sê: “Ons hoef dus nie bang te wees of te wonder of ons na God toe mag gaan nie. Ons kan maar gaan, want God sal baie goed wees vir ons. Wanneer ons dit nodig het, sal God vir ons meer gee as wat ons verdien en ons met sy liefde omvou.” Is dit nie ‘n wonderlike bemoediging nie?

Nadat God so mooi met Josua gepraat het, het Josua teruggegaan na die leiers van die stamme en aan hulle God se opdragte gegee oor hoe hulle moet trek. Vanaf Josua 1:16 lees ons hoe positief hulle almal was. Hulle het Josua geseën met dieselfde woorde wat God gehad het: “Wees jy maar net sterk en vasberade!” Dit is vir my ‘n "Wow"-oomblik, want dis God wat hulle harte aangeraak het, omdat Josua Hom vertrou het.

Luister mooi. God sien jou raak. Hy is nie vir jou kwaad omdat jy bang is nie. Hy wil jou bemoedig en help.

Gebed:

My Hemelvader ek is vandag baie bang. Dankie dat U met my is en dat ek vir niks en niemand hoef te skrik nie. Amen

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Here, dis ek hierso!

Voel jy soms bang en moedeloos omdat die lewe se uitdagings net te veel vir jou raak? Voel jy soms jy hoor nie meer God se stem nie? Wonder jy selfs oor jou eie identiteit? Gelukkig is God so lief vir jou dat Hy jou vul ...

More

Ons wil graag Sonja Goldberg bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.sonjagoldberg.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid