Leesplan inligting

Here, dis ek hierso!Voorbeeld

Here, dis ek hierso!

DAG 1 VAN 7

WAAR IS JY?

"Maar die Here God moes toe na die mens roep en vir hom gevra: 'Waar is jy?'" Genesis 3:9 AFR83.

Ek dink nou aan kere wat ek na my kinders geroep het. “Kom bad, waar is jy? "Jy kruip vir my weg, kom uit, toe?" "Wie het die koekies opgeëet?" "Kom hier! Kom was die skottelgoed, waar is jy?" "Ek wil vir jou ‘n storie lees, kom sit by my?" "Kom ons gaan stap ‘n entjie, waar is jy?” Al het ek geroep: “waar is jy?” het ek elke keer presies geweet waar elke kind is. Ek wou net hê hy of sy moes na my toe kom.

Hierdie vers raak so aan my hart, want net soos wat God hier vir Adam roep, roep Hy ook vir my en jou. Hy roep ons omdat Hy ons liefhet en graag net by ons wil wees om tyd met ons deur te bring. Hy roep ons ook al het ons verkeerde dinge gedoen! Al kruip jy vir Hom weg – dalk omdat jy skaam, moedeloos of bang is – moet jy weet Hy weet mos wat jy gedoen het. Hy roep jou juis om uit jou skuilplek of gemaksone te kom en om weer by Hom te wees. Dis hoekom Hy hier na Adam geroep het. Juis omdat Hy hom liefhet en na hom verlang het.

God draai nie sy rug op jou omdat jy sonde doen nie. Hy het dan sy Seun, Jesus Christus, vir ons gestuur om aan ‘n kruishout te sterf vir al ons sonde, sodat ons gered kan word!! Hy roep jou om jou te troos; om geestelike voedsel by Hom te kom kry; Hy roep jou om ‘n verhouding met Hom te hê en om vir ander te help; ja, Hy roep jou omdat Hy jou liefhet en jou raaksien. Miskien roep Hy jou omdat Hy ‘n spesifieke taak vir jou het, soos met Samuel, Gideon en Paulus.

Sê vir God hoe jy voel, wat jy gedoen het en dat jy jammer is. Omdat Jesus vir ons pleit daar by God die Vader, vergewe Hy ons dadelik. Die Heilige Gees verstaan wat ons wil sê en pleit namens ons met versugtinge daar by God in ‘n hemelse taal (Romeine 8:26-28). Weet: God sien jou hart. Hy sien jou raak.

Gebed:

Here, dis ek hierso! Ek is so jammer dat ek van U af weggedraai het. Dankie dat U vandag na my roep. Amen.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Here, dis ek hierso!

Voel jy soms bang en moedeloos omdat die lewe se uitdagings net te veel vir jou raak? Voel jy soms jy hoor nie meer God se stem nie? Wonder jy selfs oor jou eie identiteit? Gelukkig is God so lief vir jou dat Hy jou vul ...

More

Ons wil graag Sonja Goldberg bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.sonjagoldberg.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid