Leesplan inligting

’n Nuwe seisoenVoorbeeld

’n Nuwe seisoen

DAG 7 VAN 7

Bloeisels en vrugte

Ná Korag se rebellie teen die leierskap van Moses en Aäron, herbevestig die Here sy aanstelling van Aäron as priester deur hierdie wonderwerk. ’n Leier uit elkeen van die 12 stamme moes ’n stok in die tabernakel neersit. Gedurende die nag het Aaron se stok, ’n dooie stuk droë hout net soos die ander s’n, ’n lewendige tak geword met bloeisels en ryp amandels aan.

Die amandelboom word beskou as ’n voorloper van die lente. Ná die winter spreek sy pragtige wit bloeisels van nuwe lewe en vrug wat kom. Terwyl ander bome nog slaap, is hierdie vroeë ontwaking tekenend van God wat waak oor sy Woord om te doen wat Hy gesê het.

Alle gelowiges gaan deur tye van beproewing, maar ten spyte van ons gebrokenheid bring God sy planne en voornemens tot uitvoer. Hy kies dikwels dit wat as swak en gering geag word om buitengewone resultate te behaal. Hoe klein of onbenullig ons talent dus lyk, wanneer ons dit in God se hande plaas, kom daar vernuwing en herstel. Dis hierdie sterk verbondenheid aan God wat maak dat ons floreer en vrug dra, of dit by die huis, by die werk of in die gemeenskap is.

Vader, sonder U is ek niks anders as ’n droë stuk hout nie, maar deur die opstandingskrag van Christus kan selfs ek ’n gedaanteverwisseling ondergaan. Help my om bloeisels van hoop te dra, vrugbaar te wees en te blom in my lewensroeping. Amen

Hierdie oordenkings is geneem uit IN VREUGDE EN VERTROUE deur Suria Scholtz © Christelike Uitgewersmaatskappy.
Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

’n Nuwe seisoen

Hier op die drumpel van ’n nuwe jaar of nuwe tydperk kan die reis wat voorlê oorweldigend voel. Aangesien die besturing van die onbekende stimulerend én uitputtend kan wees, is dit belangrik dat God ons eerste prioriteit...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid