Leesplan inligting

’n Nuwe seisoenVoorbeeld

’n Nuwe seisoen

DAG 1 VAN 7

Bly afhanklik

Hier op die drumpel van ’n nuwe jaar of nuwe tydperk kan die reis wat voorlê oorweldigend voel. Aangesien die besturing van die onbekende stimulerend én uitputtend kan wees, is dit belangrik dat God ons eerste prioriteit bly. Verál as ons enige verandering effektief en van harte wil aanpak. Wanneer God nie voorkeur in ons lewens kry nie, moet ons aanpassings maak.

Ons word in Johannes 15 geroep om in Hom te bly, om vasgegroei te wees aan Jesus, tuis in ons verhouding met Christus. Dit suggereer ’n lewensnoodsaaklike verbintenis, ’n eenwees wat ons ten alle koste moet beskerm, want bekommernis, ambisie en selfs vrees kan so maklik ons aandag aflei. Hierdie intieme verbondenheid met Christus is nie iets waarvoor ons hoef te woeker en te werk nie, want deur die Heilige Gees gebeur dit moeiteloos. Dit is Hy wat in ons woon en ons kragtig help om die nodige veranderinge aan te bring.

En ons moet verander! Soos wat ons die nuwe jaar of nuwe tydperk tegemoetstap, met alles wat bekend en alles wat nuut is, is dit bevrydend om te besef dat wanneer ons afhanklik van en gefokus op God leef, die vrug outomaties daar sal wees.

Vader, help my om in Christus te bly, sy woord my anker, sy voorbeeld my inspirasie. In die sleur van die alledaagse wil ek bo alles vrugbaar-diensbaar leef, onlosmaaklik een met God en deel van sy plan vir die wêreld. Amen

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

’n Nuwe seisoen

Hier op die drumpel van ’n nuwe jaar of nuwe tydperk kan die reis wat voorlê oorweldigend voel. Aangesien die besturing van die onbekende stimulerend én uitputtend kan wees, is dit belangrik dat God ons eerste prioriteit...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid