Leesplan inligting

’n Nuwe seisoenVoorbeeld

’n Nuwe seisoen

DAG 6 VAN 7

Beskikbaar

Hier maak God ’n jong Samuel wakker met ’n skokkende woord vir Eli. Dié is oud en moeg, swaksiende en sy seuns is nie geskikte opvolgers nie. Dit is baie duidelik uit hierdie en ander Bybelgedeeltes dat God anders na die mens kyk as die wêreld. Dié wat ons dink die beste kans staan om suksesvol te wees, sien Hy dikwels oor die hoof – net om mense te kies wat ons nooit sou oorweeg nie.

Abraham, ’n kinderlose vreemdeling uit Ur, word die vader van baie nasies.

Beide Moses en Paulus het ’n geraamte in die kas.

Rut, ’n weduwee en nie-Jood, trou met Boas en skenk die lewe aan Dawid se oupa.

Ester, ’n weeskind in ’n vreemde land, word koningin en red die Jode.

Markus, wat gedurende sy eerste sendingreis omdraai, skryf later die evangelie wat sy naam dra.

Twaalf ongeletterde vissermanne word uitgestuur om die goeie nuus aan die ganse wêreld te verkondig.

God deurgrond ons harte en Hy weet wie Hom met oorgawe liefhet, volg en vertrou. Kom ons stel ons vandag beskikbaar om deur Hom gebruik te word – nederig afhanklik van sy genade.

Here, help my om u stem te hoor en u opdragte te gehoorsaam. Dankie dat U my vandag deur die verhaal van Samuel weer herinner dat dit nie oor my vermoë gaan nie, maar oor my beskikbaarheid en u vermoë. Amen

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

’n Nuwe seisoen

Hier op die drumpel van ’n nuwe jaar of nuwe tydperk kan die reis wat voorlê oorweldigend voel. Aangesien die besturing van die onbekende stimulerend én uitputtend kan wees, is dit belangrik dat God ons eerste prioriteit...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid