Leesplan inligting

’n Nuwe seisoenVoorbeeld

’n Nuwe seisoen

DAG 2 VAN 7

’n Nuwe begin

Ek hou van nuwe dinge – van babas en klein hondjies, tot ’n nuwe huis, ’n nuwe tydperk, nuwe vriende en ’n nuwe stokperdjie. Terwyl ’n nuwe werk baie stresvol kan wees, net soos verhuising na ’n nuwe dorp, stad of land, bring hierdie veranderinge terselfdertyd ook hoop mee.

In vandag se Skrif gee God ons ’n ernstige waarskuwing om nie by die verlede kamp op te slaan en in ’n ou denkpatroon vas te val nie. Hy wil byvoorbeeld nie hê ons moet tob oor ’n vorige huwelik, ’n eiesinnige kind en wat ons anders kon gedoen het, of ’n doodloopstraat waar ons lank stagneer het nie. In vandag se gedeelte kondig God aan dat Hy iets nuuts gaan doen vir elkeen van ons, iets ongewoons, selfs ongehoords.

Wanneer ons terugkyk oor die eeue sal ons sien dat elke bevryding wat God vir sy volk bewerkstellig het die vorige een in die skadu gestel het. Terwyl ons wag op die grootste bevryding van almal – die wederkoms van Christus – en ’n nuwe hemel en aarde, kan ons verseker wees dat God op dieselfde wyse elke belofte aan ons sal voltooi en vervul.

Here, ek staan op die drumpel van ’n nuwe tydperk en ’n splinternuwe uitdaging. Skepper-God, help my om sonder vrees u planne vir my lewe tegemoet te gaan – dankbaar bewus van u skeppende teenwoordigheid in en by my. Amen

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

’n Nuwe seisoen

Hier op die drumpel van ’n nuwe jaar of nuwe tydperk kan die reis wat voorlê oorweldigend voel. Aangesien die besturing van die onbekende stimulerend én uitputtend kan wees, is dit belangrik dat God ons eerste prioriteit...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid