Leesplan inligting

’n Nuwe seisoenVoorbeeld

’n Nuwe seisoen

DAG 3 VAN 7

Die ou paaie

Ten spyte van die verstommende vermoëns van ’n GPS, verdwaal ek nog steeds soms en moet ek dan stilhou by ’n plaaslike inwoner om my by my bestemming te kry. Vir Christene is dit dieselfde. Ondanks God se duidelike aanwysings in die Bybel weet ons soms nie watter pad die regte een is nie. Wat ’n verligting wanneer ons dan by ’n medegelowige kan aanklop, verkieslik iemand met meer ervaring as ons, om ons weer langs ou en betroubare paaie te lei.

Daarvoor moet ons eers tot stilstand kom, ons verwarring bely, ons versoekings erken en gewillig wees dat ’n ander persoon ons na veiligheid lei. Wanneer ons weer op koers is, ons gewete skoon en ons doelwit die hemel, moet ons nie terugdraai nie. Ons moet God vertrou ongeag die pad waarop Hy ons lei, of dit nou deur die wildernis of op ’n snelweg is.

Jesus Christus, die weg deur God self gebaan, is ryk in seën en oorvloedig in genade. Laat ons dan nie twyfel en allerhande kompromieë met die wêreld en ons eie vleeslike begeertes aangaan nie. Eers wanneer ons ons opnuut verbind tot ’n heilige lewe sal ons vrede vind en God kan geniet.

Here, ek moet binnekort ’n belangrike besluit neem, maar ek is baie onseker. Gee asseblief vir my ’n aanduiding wat U beskou as beproef, gevestig en goed, want U dink heeltemal anders en U doen dinge heeltemal anders as die mens. Uiteindelik wil ek hê dat my besluit U vereer en vrede in my gemoed bring. Amen

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

’n Nuwe seisoen

Hier op die drumpel van ’n nuwe jaar of nuwe tydperk kan die reis wat voorlê oorweldigend voel. Aangesien die besturing van die onbekende stimulerend én uitputtend kan wees, is dit belangrik dat God ons eerste prioriteit...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid