Leesplan inligting

God Se Kragtige Liefde Voorbeeld

God Se Kragtige Liefde

DAG 6 VAN 7

God sorg elke dag vir ons

Niemand weet wat die volgende jaar, week of selfs dag gaan inhou nie. Jy kan sekerlik beplan sover jy kan, maar jy kan nie regtig van enigiets seker wees nie. Tog is daar een ding wat te midde van die onseker tye nooit verander nie, en dit is ons hemelse Vader.

Hebreërs 13:8 is tog baie duidelik hieroor, nie waar nie? Daar staan baie duidelik dat Jesus Christus gister, vandag en vir altyd dieselfde is. Onthou dit elke dag van jou lewe. En omdat Hy nooit verander nie, kan jy maar weet sy liefde en omgee vir jou sal ook nooit verander nie.

Voel dit dus of alles om jou verander? Al lyk dit of die wêreld glad nie meer sin maak nie, en of dinge net al hoe slegter en slegter word, onthou, jou Vader in die hemel verander nie. Sy liefde verander nie. Sy beskerming verander nooit. Die lewe en die wêreld het op maniere verander soos min mense hulle kon voorstel. Alles voel onseker: die politieke situasie, die ekonomie, selfs ons eie gesondheid. Maar wat jy altyd moet onthou, is dat ons Here Jesus Christus saam met ons in al hierdie dinge is.

Leef elke dag in die vreugde van hierdie wete: Ons is nie alleen nie. Ons verstaan dalk nie alles nie, maar ons weet Wie in beheer van alles is. Loof God vandag vir sy wonderlike teenwoordigheid en sorg in jou lewe!

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

God Se Kragtige Liefde

“God se liefde is die sterkste krag in die wêreld. Jy kan dit glo en elke dag onthou. Dit maak nie saak wat in jou lewe gebeur nie, God sal altyd daar wees vir jou. Hy sal jou nooit verlaat nie. Glo dit met jou hele hart...

More

Ons wil graag Christelike Kunsuitgewers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid