Leesplan inligting

God Se Kragtige Liefde Voorbeeld

God Se Kragtige Liefde

DAG 3 VAN 7

Die liefde van Christus

1 Korintiërs 13 is die hoofstuk oor liefde, en as ons kyk na spesifiek vers 4-7 lees ons: “Die liefde is geduldig en vriendelik, die liefde is nie jaloers nie, die liefde blaas nie sy eie beuel nie, is nie vol van homself nie. Dit tree nie onwaardig op nie, stel nie sy eie belange voorop nie, is nie kort van draad nie, hou nie boek van die kwaad wat hom aangedoen word nie. Dit treur oor die onreg wat plaasvind, en juig as die waarheid seëvier. Die liefde bly stil oor ander se foute, dit bly steeds vertrou, dit hou aan met hoop, dit verduur alles.”

Jare gelede, toe ons in Sentraal-Afrika met die groot geel vragmotor was, was ons eendag in die middel van nêrens. Ons was vir dae al op die pad, dus het ons gestop en ons een-man tente opgeslaan. My vrou, Jill, was by my en ons het gaan slaap.

Ons het geen water gehad nie en boonop nie eens kans gehad om behoorlik te bad nie. Daar was ’n leë 200-liter-drom buite ons tent, en twee-uur daardie oggend het ons gehoor hoe water in die drom begin val. Toe ek die volgende oggend opstaan, het die drom amper oorgeloop.

Waar het hierdie water vandaan gekom? Ons het later gehoor dit was ’n Zimbabwiese vrou wat lief is vir die Here wat in die nag opgestaan het en met ’n emmer vier kilometer na ’n rivier toe geloop het om vir ons vars water te gaan haal. Ons het nie geweet wie sy is nie. Sy het dit nie gedoen om ’n beloning of lofprysing te kry nie, maar omdat sy God en haar naaste liefhet. Daardie tipe liefde kan nie gekoop word nie, en jy kan dit nie terugbetaal nie.

Wees vandag lief vir iemand. Moenie dat iemand uitvind wie jy is of wat jy gedoen het nie. Die Here Jesus sal jou self daarvoor vergoed.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

God Se Kragtige Liefde

“God se liefde is die sterkste krag in die wêreld. Jy kan dit glo en elke dag onthou. Dit maak nie saak wat in jou lewe gebeur nie, God sal altyd daar wees vir jou. Hy sal jou nooit verlaat nie. Glo dit met jou hele hart...

More

Ons wil graag Christelike Kunsuitgewers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid