Leesplan inligting

God Se Kragtige Liefde Voorbeeld

God Se Kragtige Liefde

DAG 2 VAN 7

’n Liefde wat vasstaan

Is daar vandag iets waarvoor jy bang is? Dalk sê jy dinge soos: “Ek weet nie hoe gaan ek my skuld betaal nie.” “My besigheid gaan vou.” “Ek rou nog oor iemand wat onlangs oorlede is.” Tog sê die Here volmaakte liefde het nie plek vir vrees nie.

Terwyl die Skotse prediker George Matheson nog ’n student was, het sy sig al hoe slegter geword. Die dokters het vir hom gesê daar is niks wat hulle kan doen nie, en dat hy blind sou word. Toe hy dit vir sy verloofde vertel, het sy hom verlaat omdat sy nie kans gesien het vir ’n lewe saam met ’n blinde man nie. Hy was verpletter en ontnugter.

Teen die tyd dat hy sy graad gekry het, was hy bykans heeltemal blind en het hy ’n klein plattelandse gemeentetjie gaan bedien. Sy suster het hom jare lank versorg, maar later ook getrou. Op haar troudag was hy besonder hartseer omdat sy hom sou verlaat. Dit was ook ’n herinnering aan sy eie hartseer jare gelede. Toe het die Here vir George ’n lied gegee wat hy in vyf minute voltooi het. Die lied O Love that wilt not let me go vertel dat God ons nooit sal verlaat nie. Ons kan by Hom rus vind en ’n voller en ryker lewe ontvang wanneer ons ons ou lewe vir Hom gee.

Toe hy sterf, was George baie bekend in Engeland en het hy talle mense bemoedig. Kyk op, want die Here is vandag jou Bron van liefde en krag.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

God Se Kragtige Liefde

“God se liefde is die sterkste krag in die wêreld. Jy kan dit glo en elke dag onthou. Dit maak nie saak wat in jou lewe gebeur nie, God sal altyd daar wees vir jou. Hy sal jou nooit verlaat nie. Glo dit met jou hele hart...

More

Ons wil graag Christelike Kunsuitgewers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid