Leesplan inligting

God Se Kragtige Liefde Voorbeeld

God Se Kragtige Liefde

DAG 1 VAN 7

God se kragtige liefde

God se liefde is die sterkste krag in die wêreld. Dit motiveer mense om wonderlike dinge vir Hom te doen. Dit laat my dink aan Eric Liddell, ’n Britse Olimpiese atleet en Skotse rugbyspeler. As een van sy land se beste atlete is hy gekies om deel te neem aan die 100 m-wedloop vir die Olimpiese Spele van 1924 in Frankryk.

Liddell, ’n Christen, het geweier om deel te neem omdat die finale resies op ’n Sondag sou plaasvind. Die Britse owerhede het hom probeer oorreed om ’n uitsondering te maak. Hy sou vir seker ’n goue medalje vir sy land wen. Selfs die toekomstige koning, die prins van Wallis, kon hom nie sover kry om van plan te verander nie.

In plaas daarvan het Liddell aan die 200- en 400 m-wedlope deelgeneem omdat dit in die week gehou is. Hy het derde gekom in die 200 m-wedloop en die 400 m-wedloop nie net gewen nie, maar ook die Olimpiese en wêreldrekords gebreek.

’n Jaar later is hy China toe om daar sendingwerk te gaan doen. Tydens die Tweede Wêreldoorlog is hy deur die Japannese gevange geneem en hy is later dood in ’n interneringskamp. Hy het sonder ophou die evangelie verkondig.

Die liefde van God dwing ons om groot dinge vir God te doen en om groot dinge van God te verwag. God is so lief vir ons dat Hy sy enigste Seun gegee het sodat ons die ewige lewe mag hê (Johannes 3:16). Dink vandag aan God se wonderlike liefde vir jou en gaan doen groot dinge!

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

God Se Kragtige Liefde

“God se liefde is die sterkste krag in die wêreld. Jy kan dit glo en elke dag onthou. Dit maak nie saak wat in jou lewe gebeur nie, God sal altyd daar wees vir jou. Hy sal jou nooit verlaat nie. Glo dit met jou hele hart...

More

Ons wil graag Christelike Kunsuitgewers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid