Leesplan inligting

God Se Kragtige Liefde Voorbeeld

God Se Kragtige Liefde

DAG 4 VAN 7

Veg teen eensaamheid

Sukkel jy nog met gevoelens van eensaamheid en alleenheid? Ek wil graag vir jou ’n brief lees van ’n Vriend wat al jou eensaamheid kan wegneem: “Ek wil net vir jou skryf en sê hoe lief Ek jou het en hoeveel Ek vir jou omgee. Ek het gister gesien hoe jy saam met jou vriende stap en gesels. Ek het gehoop jy wil hê Ek moet saam met jou stap; daarom het Ek vir jou ’n pragtige sonsondergang gegee om jou dag mee af te sluit en ’n koel briesie om jou te verfris. Jy het nie met My gepraat nie. Tog hou Ek aan om jou lief te hê."

“Die volgende oggend het Ek ’n pragtige sonsopkoms gestuur, maar jy het verslaap en werk toe gejaag. Jy het nie eens gesien hoe dit lyk nie. Die lug het vol wolke geword en my trane was in die reën. Ek is so lief vir jou. As jy tog maar net wil luister. Ek wys vir jou hoe lief Ek jou het in die groen velde en blou lug. Die wind fluister my liefde deur die boomtoppe en dit vloei oor in die helder kleure van die blomme."

“Ek skree my liefde uit in die gedruis van watervalle en ek komponeer liefdesliedjies wat die voëls vir jou sing. Ek klee jou in die sonskyn. My liefde vir jou is dieper as die oseaan en sterker as enige behoefte van jou hart. As jy maar net wil besef hoeveel Ek vir jou omgee."

“My Pa stuur sy liefde. Ek wil graag hê jy moet Hom ontmoet. Hy gee ook vir jou om. Dit is maar net hoe pa’s is. Asseblief, laat hoor iets van jou. Ek wag vir jou, want Ek is lief vir jou. Jou Vriend, Jesus.”

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

God Se Kragtige Liefde

“God se liefde is die sterkste krag in die wêreld. Jy kan dit glo en elke dag onthou. Dit maak nie saak wat in jou lewe gebeur nie, God sal altyd daar wees vir jou. Hy sal jou nooit verlaat nie. Glo dit met jou hele hart...

More

Ons wil graag Christelike Kunsuitgewers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid