Leesplan inligting

10 Kernwaarhede Van DissipelskapVoorbeeld

10 Kernwaarhede Van Dissipelskap

DAG 4 VAN 10

Kernwaarheid 4 - Dit is belangrik dat ons geloof sal GROEI

Groei is belangrik in enige lewende organisme. As iets nie groei nie, beteken dit daar is iets fout, en die uiteinde is die meeste van die tyd dat die organisme doodgaan. Kyk maar hoe dit in die plant- en diereryke werk. Ons kan sê dat groei die bewys van lewe is.

Wanneer dit by ons geestelike lewens kom, geld dieselfde beginsel: ek en jy moet groei in ons geloof sodat Christus se karakter al hoe meer in ons lewens wys. Mense behoort al meer Christus in ons lewens te sien.

Petrus skryf in 2 Petrus 3:18: “Sorg daarenteen dat julle toeneem in die genade en kennis van ons Here Jesus Christus.” Wat beteken dit?

Genade is dit wat God aan ons gebied het deur Jesus se dood en opstanding. Ons moet leer hoe om te leef vanuit hierdie realiteit as kinders van God, een met Christus. Kennis aan die ander kant is die geopenbaarde waarheid oor God, soos vervat in die Woord. Beide hierdie elemente is so belangrik vir geestelike groei.

Jesus leer ons dat hierdie geestelike groei slegs op een wyse kan plaasvind, en dit is deur eenheid met Hom. In Johannes 15 praat Jesus met die dissipels oor die dra van vrug, en hoe ons as sy kinders “in” Hom moet wees sodat die vrug in ons lewens kan toeneem. Vrug is die mate waarop Christus se karakter in ons lewe na vore kom. Dit is wanneer ander mense Christus in ons lewens kan herken op grond van dit wat hulle in ons lewens sien en beleef.

Is jy besig om geestelik te groei?

VRAE VIR REFLEKSIE:

- Wat het jy vandag geleer?

- Hoe gaan jy dit prakties in jou lewe toepas?

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

10 Kernwaarhede Van Dissipelskap

'n Lewe van oorwinning, is dit moontlik? Ja dit is! Die Woord sê dat ons in Christus meer as oorwinnaars is! Om vanuit hierdie oorwinning te leef is dit belangrik dat ek en jy sekere waarhede oor Jesus en sy afgehandelde...

More

Ons wil graag Tienie van Wyngaard bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.linkedin.com/in/tienie-van-wyngaard

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid