Leesplan inligting

10 Kernwaarhede Van DissipelskapVoorbeeld

10 Kernwaarhede Van Dissipelskap

DAG 8 VAN 10

Kernwaarheid 8 - Jesus het GEDIEN, daarom behoort ek ook te dien

Diensbaarheid is ‘n dienende gesindheid, iets wat nederigheid van ons vra. Dit is teen die grein van ons samelewing, want ons natuurlike instink is dat ander mense ons sal dien. Mense hou oor die algemeen daarvan om op die hande gedra te word, en nie noodwendig die een te wees wat die dra werk doen nie. Kyk maar na ons Westerse leefstyle: Dit gaan oor gemak en luuksheid, natuurlik alles teen ‘n prys. Kom ons wees eerlik, om te dien vereis ‘n radikale verandering van gesindheid, maar dit is een van die sleutel konsepte wat ons as dissipels van Jesus moet besef: 'n dissipel dien ander.

Van die oomblik wat ek en jy ons lewens aan Christus gewy het, behoort ons nie meer aan onsself nie, maar aan Hom. Ons lewensraamwerk word nou in Hom gevind en ons lewe behoort gewy te word aan dit wat Hy vir ons bestem het. Christenskap is ‘n aktiewe geloof. Ons moet besef dat Jesus self vir ons die voorbeeld stel van dienswerk en nederigheid. Hy het alle rede gehad om gedien te word en aan te dring op diens, maar Hy het nie. Hy het sy skepping kom dien.

Om diensbaar te wees vir die koninkryk beteken om ons lewe (eie agendas en planne) neer te lê vir die koninkryk van God, en om die prioriteite van die koninkryk ons s’n te maak. Om dit wat Hy in jou geplaas het, in sy diens te gebruik. Waar dien jy tans? Waar is jy aktief betrokke? God het vir elke persoon 'n genadegawe gegee. Jou insette en diensbaarheid maak saak!

Kies vandag om jou tyd, energie en hulpbronne vir God in sy diens terug te gee!

VRAE VIR REFLEKSIE:

- Wat het jy vandag geleer?

- Hoe gaan jy dit prakties in jou lewe toepas?

Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

10 Kernwaarhede Van Dissipelskap

'n Lewe van oorwinning, is dit moontlik? Ja dit is! Die Woord sê dat ons in Christus meer as oorwinnaars is! Om vanuit hierdie oorwinning te leef is dit belangrik dat ek en jy sekere waarhede oor Jesus en sy afgehandelde...

More

Ons wil graag Tienie van Wyngaard bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.linkedin.com/in/tienie-van-wyngaard

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid