Leesplan inligting

10 Kernwaarhede Van DissipelskapVoorbeeld

10 Kernwaarhede Van Dissipelskap

DAG 3 VAN 10

Kernwaarheid 3 - God is nie KWAAD vir my nie.

Hoe jy na die wêreld kyk reflekteer wie jy is. As jy ‘n positiewe persoon is, gaan jy dinge positief beskou. As jy ‘n negatiewe persoon is, gaan dit in jou sienswyse ook na vore kom. Hoe jy iets beskou verklap wat binne-in jou aangaan.

Hoe ons die wêreld om ons aanskou gaan ook beïnvloed hoe ons dit benader. Rick Warren skryf in sy boek The Purpose Driven Life dat jou wêreldbeeld bepaal hoe jy dinge sien:

Indien jy die lewe as ‘n resies sien, sal tyd vir jou belangrik wees en sal jy heel waarskynlik altyd haastig wees. Dit sal vir jou ‘n straf wees sodra jy enigsins voel dat jy tyd verloor. Ongeduld en haas is ‘n kenmerk by jou.

As jy die lewe as ‘n partytjie sien, sal alles gemeet word in die mate van “lekkerte”. Werk, sosiale geleenthede, familiebyeenkomste, selfs kerkbyeenkomste – alles word gemeet in die “lekkerte” daarvan.

Wanneer jy die lewe as ‘n kompetisie sien sal jy sukses heel waarskynlik meet aan wen of verloor.

Net soos ons 'n wêreldbeeld het, het elkeen van ons ook ‘n bepaalde beeld en ‘n persepsie van God! Hierdie persepsie word gevorm deur ons kultuur, gesin, vriende, en opvoeding en het die vermoë om ons of nader aan God te trek, of verder van Hom af weg.

Baie van ons het grootgeword met hierdie beeld dat God nie kan wag om ons te straf nie. Hy staan met ‘n weerligstraal reg om ons te tref, sodra ons dit net durf waag om verkeerd te trap. Ja, dit is verseker so dat God ‘n heilige, almagtige God is, en dat ons as mense skuldig was voor Hom, maar hoe wil God hê moet ons Hom as gelowiges benader?

Deur Jesus!

Jesus is in ons plek gestraf vir ons sonde. God het nie die sonde net geïgnoreer nie, Hy het dit veroordeel. Jesus het die volle gewig van die oordeel op Homself geneem sodat ek en jy die voorreg kan hê om in verhouding met Hom te staan. Hoe wonderlik is dit nie?!

God wil nie hê dat ek en jy straf van Hom moet verwag nie. God is nie daarop uit om jou te straf of seer te maak nie! In Jesus is daar vergifnis vir ons, en ons hoef nie straf te verwag nie. Die Woord noem dit volmaakte liefde!

VRAE VIR REFLEKSIE:

- Wat het jy vandag geleer?

- Hoe gaan jy dit prakties in jou lewe toepas?

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

10 Kernwaarhede Van Dissipelskap

'n Lewe van oorwinning, is dit moontlik? Ja dit is! Die Woord sê dat ons in Christus meer as oorwinnaars is! Om vanuit hierdie oorwinning te leef is dit belangrik dat ek en jy sekere waarhede oor Jesus en sy afgehandelde...

More

Ons wil graag Tienie van Wyngaard bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.linkedin.com/in/tienie-van-wyngaard

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid