Leesplan inligting

10 Kernwaarhede Van DissipelskapVoorbeeld

10 Kernwaarhede Van Dissipelskap

DAG 10 VAN 10

Kernwaarheid 10 - God het ‘n PLAN vir my lewe

Wanneer dit kom by God se plan vir ons lewens, is een van die bekendste verse wat gelowiges aan vashou, Jeremia 29:11. Dit lees:

"Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle 'n toekoms gee, 'n verwagting!"

Toe hierdie woorde van Jeremia 29:11 aan die volk gespreek is, was hulle nie op 'n hoogtepunt nie, maar 'n uiterste laagtepunt. Hulle was gevangenes in 'n vreemde land! Tog bemoedig God hulle met daardie bekende woorde.

Ten spyte van die situasie, bly God se droom oor hulle lewens goed! Selfs al was die volk se sonde die rede vir die ballingskap, is God se plan steeds vir hulle om 'n goeie toekoms te hê.

Ek en jy kan iets besonders hieruit leer. Daar is 'n direkte verband tussen God se plan vir ons lewe en gehoorsaamheid. God se wil staan sentraal in sy plan vir ons. Die mate waarop ek en jy inskakel in hierdie plan maak saak!

Hoe weet ek wat God se plan vir my lewe is?

Ons moet besef dat God se plan vir ons lewe gesetel is in ons verbintenis met Christus. Ons word geroep om Jesus se hande en voete in 'n stukkende wêreld te wees, 'n seën vir ander. God wil ons gebruik om ons gesin, ons naastes, ons gemeente, dorp, land en provinsie op te bou, sodat mense Hom prakties kan beleef. Om dit te kan regkry gee Hy vir ons unieke talente, persoonlikhede en gawes. Regdeur die Bybel lees ons hoe God gewone mense op buitengewone wyses deel van sy werk maak, en Hy doen dit vandag nog steeds.

Die vraag is vandag, is jy beskikbaar om te doen wat God van jou vra?

VRAE VIR REFLEKSIE:

- Wat het jy vandag geleer?

- Hoe gaan jy dit prakties in jou lewe toepas?

Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

10 Kernwaarhede Van Dissipelskap

'n Lewe van oorwinning, is dit moontlik? Ja dit is! Die Woord sê dat ons in Christus meer as oorwinnaars is! Om vanuit hierdie oorwinning te leef is dit belangrik dat ek en jy sekere waarhede oor Jesus en sy afgehandelde...

More

Ons wil graag Tienie van Wyngaard bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.linkedin.com/in/tienie-van-wyngaard

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid