Leesplan inligting

10 Kernwaarhede Van DissipelskapVoorbeeld

10 Kernwaarhede Van Dissipelskap

DAG 5 VAN 10

Kernwaarheid 5 - Die oorlogsveld is in ons GEDAGTES

Ek en jy is in ‘n oorlog gewikkel, en daardie oorlog gaan oor ons. Die vyand het gekom om te steel, te slag en te verwoes, en waar is sy fokus gerig? Op jou en jou lewensraamwerk. Hy weet dat as Hy jou gedagtes en manier van dink kan belemmer, dit soveel moeiliker vir jou is om in oorwinning te leef.

Het jy al gedink hoeveel gedagtes dink jy in 'n dag? Gedagtes oor onsself, oor ander, oor die sin van die lewe ... Dit wat ons dink, beïnvloed dit wat ons voel, en dit beïnvloed weer wat ons doen. Daarom is dit wat ons dink belangrik! Wat ons dink en hoe ons dink maak saak. Dis hier waar ons die stryd kan wen of verloor.

Jesus het deur sy kruisdood die oorwinning oor sonde en dood behaal. As gevolg hiervan kan ons nou kinders van God wees. Kindskap staan sentraal in die raamwerk van 'n Christus gefokusde denkwyse, en dit vorm die basis vanwaar ons lewens in oorwinning kan leef. Dit behels egter dat ek en jy ons gedagtes moet “herprogrammeer” om te dink soos wat God wil hê ons moet dink — soos kinders van God. Hoe doen ons dit?

Ons gebruik die Woord van God as raamwerk. 'n Kind van God gebruik die Woord as basis, nie emosie of omstandighede nie. 'n Kind van God staan vas op God se beloftes, en glo wat God oor ons sê. 'n Kind van God verstaan dat alles nie altyd maanskyn en rose hierdie kant van die hemel gaan wees nie, maar dat ons vashou aan die beloftes dat Hy alles ten goede sal laat meewerk vir die wat Hom liefhet. 'n Kind ken en vertrou die Vaderhart ten volle.

Kies vandag om soos 'n kind van God te dink. Gee jouself ten volle aan God oor en laat toe dat God jou denke vernuwe. Hy roep jou tot oorwinning!

VRAE VIR REFLEKSIE:

- Wat het jy vandag geleer?

- Hoe gaan jy dit prakties in jou lewe toepas?

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

10 Kernwaarhede Van Dissipelskap

'n Lewe van oorwinning, is dit moontlik? Ja dit is! Die Woord sê dat ons in Christus meer as oorwinnaars is! Om vanuit hierdie oorwinning te leef is dit belangrik dat ek en jy sekere waarhede oor Jesus en sy afgehandelde...

More

Ons wil graag Tienie van Wyngaard bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.linkedin.com/in/tienie-van-wyngaard

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid