Leesplan inligting

Hoe Moet Ons Bid?Voorbeeld

How Then, Shall We Pray?

DAG 1 VAN 6

"Ons Vader wat in die hemel is, laat u Naam geheilig word."



Aanbidding in gebed bring ons fokus terug op God. Dit herinner ons aan wie Hy is. In die lewe is ons te gou om aandag op onsself en ons eie probleme te vestig en te dink ons is in beheer. Aanbidding breek ons egter los van hierdie gewoontes en is vir ons 'n aanwysing terug na die Vader toe. Dit vestig ons in die waarheid van wie Hy is. Om dus nie die prooi te word van die dwaling dat ons die meeste saak maak nie, gaan ons in aanbidding na die Here en kyk ons hoe pragtig Hy is. 



Dink vir 'n oomblik daaraan hoe dit jou dag sou verander as jy onthou het dat God almagtig is. Of hoe dit jou bediening sou verander as jy waarlik geweet het dat God nie vinnig kwaad word nie en oorvloedig in genade is? Of sal dit jou huidige frustrasie verander as jy waarlik verstaan het dat God jou raaksien en vir jou lief is? Dit sou wees asof daar 'n groot las van jou skouers afgehaal is en alles vir 'n oomblik in hul regmatige plek geplaas is. 



Ons sien voorbeelde van aanbidding in allerhande omstandighede, maar die Here is dieselfde deur almal. Ons aanbid omdat die Here dit waardig is, en ons aanbid omdat dit ons verander deurdat dit ons herinner aan wie ons God is. 



Wanneer jy na ons Bybelgedeeltes vir die dag kyk, watter eienskappe van God sien jy in hierdie gebede van aanbidding? Hoe verander jou dag wanneer jy aan hierdie eienskappe dink?


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

How Then, Shall We Pray?

Gebed is 'n geheimenis. Hoe moet ons bid? Waarvoor bid ons? As God reeds alles weet, hoekom bid ons? Ons weet dat gebed 'n deurslaggewende deel van 'n Christen se lewe uitmaak, maar dit is dikwels 'n uitdaging. Soos ons ...

More

Ons wil graag World Team bedank wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asb: https://us.worldteam.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid