Leesplan inligting

Hoe Moet Ons Bid?Voorbeeld

How Then, Shall We Pray?

DAG 6 VAN 6

"Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid, amen."



Dink vir 'n oomblik aan wat dit beteken dat die koninkryk, krag en heerlikheid aan die Here behoort. In die lig van ons lyding, die lyding van diegene om ons, ons mislukkings, behoeftes en die behoeftes van ander — hoe bemoedigend is dit om te weet dat God oor alles heers en dat Hy uiteindelik oor alle kwaad sal seëvier? 



Om te weet dat die Here oor alles heers, mag dalk nie klink soos die onmiddellike antwoord op dit wat ons in die gesig staar nie, maar wanneer ons nadink oor wat dit werklik beteken, gee dit ons 'n onwrikbare hoop wat ons help om te volhard. Ons het nooit die belofte van 'n maklike lewe gekry nie; inteendeel, ons is verseker dat ons probleme en moeilikhede sal teëkom, maar ons behoort aan die Een wat uiteindelik gaan seëvier. 



Vandag, te midde van daardie moeilikhede, kan ons na Hom toe uitroep, ons laste vir Hom gee, wetende dat Hy sterker is as enigiets waarvoor ons te staan mag kom. Watter wonderlike nuus! Die Here is by my, ongeag wat ek in die gesig staar en Hy is sterk genoeg om die uitdaging uit die weg te ruim of om my daardeur te kry. Kom ons verbly ons hierin en loof God dat al die heerlikheid en krag vir ewig aan Hom behoort.



Wat openbaar vandag se Bybelgedeeltes oor God? Hoe kan jy bemoediging vind in hierdie aanbiddingsgebede?


Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

How Then, Shall We Pray?

Gebed is 'n geheimenis. Hoe moet ons bid? Waarvoor bid ons? As God reeds alles weet, hoekom bid ons? Ons weet dat gebed 'n deurslaggewende deel van 'n Christen se lewe uitmaak, maar dit is dikwels 'n uitdaging. Soos ons ...

More

Ons wil graag World Team bedank wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asb: https://us.worldteam.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid