JESAJA 42:10-13

JESAJA 42:10-13 AFR83

Sing tot eer van die Here 'n nuwe lied, sing sy lof oor die hele aarde, almal wat op die see vaar, alles wat in die see is, al die eilande en dié wat daarop woon. Laat die woestyn en sy stede die lof van die Here uitroep, die dorpe in die omgewing van Kedar, laat die inwoners van Sela jubel, laat hulle van die toppe van die berge af juig. Laat hulle aan die Here eer bewys en op die eilande sy lof verkondig. Die Here ruk op soos 'n soldaat, strydlustig soos 'n krygsman. Hy skree en roep die oorlogskreet uit. Hy oorwin sy vyande.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid