Leesplan inligting

Hoe Moet Ons Bid?Voorbeeld

How Then, Shall We Pray?

DAG 5 VAN 6

"En laat ons nie in versoeking kom nie maar verlos ons van die Bose."



Sal jy met my saamstem as ek sê hierdie wêreld is vol boosheid — dat ons daagliks voor dinge te staan kom wat nie hier behoort te wees nie? Haweloosheid, siekte, geweld, misbruik, egskeiding. Die lys gaan aan en aan. Of dit nou ons of iemand om ons is wat pyn verduur, ons weet dat die lewe nie veronderstel is om so te wees nie. 



In hierdie gedeelte van die Ons Vader, nooi Jesus ons uit om te bid dat die Vader ons van hierdie boosheid sal verlos. Die pyn wat ons nou ervaar, is nie bedoel om vir ewig aan te hou nie. Daar kom 'n dag wanneer alles uitgewis sal wees; en ons as gelowiges sal in volmaakte vrede en vreugde saam met God lewe. Dis egter nie nou ons realiteit nie. 



Derhalwe word ons genooi, nie om voor te gee dat alles goed gaan nie, maar om uit te roep dat die Here ons van die boosheid en die duiwel sal verlos! Of die boosheid waarvoor ons te staan kom persoonlik, gemeenskaplik of wêreldwyd is, ons kan voor die Here verskyn met ons pyn, lyding en weeklaag oor die wêreld wat nie is wat dit behoort te wees nie.



Watter booshede word in vandag se Bybelgedeeltes bekla? Waarvoor vra die sprekers?


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

How Then, Shall We Pray?

Gebed is 'n geheimenis. Hoe moet ons bid? Waarvoor bid ons? As God reeds alles weet, hoekom bid ons? Ons weet dat gebed 'n deurslaggewende deel van 'n Christen se lewe uitmaak, maar dit is dikwels 'n uitdaging. Soos ons ...

More

Ons wil graag World Team bedank wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asb: https://us.worldteam.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid