Leesplan inligting

Jy HET ‘n Gebed!Voorbeeld

Jy HET ‘n Gebed!

DAG 5 VAN 6

“Ses Sleutels tot Gesonde en Gebalanseerde Gebed — Deel Een”


1. Weet met wie jy praat. “Ons Vader wat in die hemel is…”


Toe Jesus sy dissipels geleer het om die Vader direk aan te spreek, het die idee waarskynlik die wenkbroue laat lig. Dwarsdeur die Ou Testament was die algemene manier vir iemand om ‘n behoefte teenoor God uit te spreek, deur ‘n priester. Gelukkig het Jesus dit alles kom verander.


Weens die perfekte offer van Jesus aan die kruis om ons sonde te bedek, het gelowiges nou direkte kommunikasie met die Vader. Dit is waarom ons tot ons Hemelse Vader bid “in die naam van Jesus.” Daar is egter geen vaste formules vir gebed nie, en om ‘n gebed aan Jesus te rig is net so  betekenisvol as om dit aan die Vader self te rig. Die belangrikste deel om te onthou is dat daar geen kommunikasie hindernis is tussen God en jou nie.


2. Dink na oor en druk jou bewondering en dankbaarheid uit vir alles wat Hy vir jou gedoen het. “…laat u Naam geheilig word…”


Deur ‘n deel van jou gebed daaraan te wy om spesifiek te fokus op lofprysing en bewondering, neem jy die fokus van jouself af weg. Terwyl God graag ons behoeftes en begeertes wil hoor, wil Hy ook hê dat ons ons dankbaarheid demonstreer vir alles wat Hy vir ons gedoen het en dat ons besef dat “alles nie net oor onsself gaan nie.” Dit gaan eintlik alles net oor Hom. Hy is ‘n God van oorvloed en liefde, en lofprysing en eer kom Hom toe. Wanneer jy nadink oor die seëninge wat God vir jou aanhoudend gee en aan die ongelooflike voorreg om in ‘n verhouding met Hom te wees, sal jy dit maklik vind om jou waardering, dankbaarheid en bewondering teenoor Hom uit te spreek. Jy sal dan nie so maklik op jouself fokus nie.


3. Bid dat God se bedoelings met sy Kerk en met jou lewe ten volle bereik word. “…laat u koninkryk kom; laat u wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel.”


Lewendige en effektiewe gebed gebeur slegs wanneer ons ons gedagtes op die wonderlike moontlikhede van die toekoms rig en doelbewus nie op die probleme van die verlede fokus nie. Deur aanhoudend net op die verlede te fokus sal jou toekoms beperk. Besluit om uit God se perspektief te kyk, en moenie toelaat dat vorige uitdagings of mislukkings jou gedagtes oorneem en jou denke beperk nie. Vertel jou begeerte aan God, dat jy graag jou volle potensiaal in Christus wil bereik, en vra Hom om jou visie en drome te vergroot. Hy wil graag hê dat jy sy volle doel in jou lewe sal bereik, en ook sy doel vir sy Kerk.

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Jy HET ‘n Gebed!

Ontdek die beginsels wat nodig is om ‘n kragtige en effektiewe gebedslewe te bou. Gebed – om met God op ‘n persoonlike vlak te kommunikeer – is die sleutel wat dit moontlik maak om positiewe verandering in ons lewens en ...

More

Ons wil graag Twenty20 Faith, Inc. bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.twenty20faith.org/yvdev3

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid