Leesplan inligting

Jy HET ‘n Gebed!Voorbeeld

Jy HET ‘n Gebed!

DAG 2 VAN 6

“God Wil Hoor van Jou”


Een van die baie redes waarom gebed gesien word as ‘n laaste uitkoms wanneer ons uitdagings in die gesig staar, is omdat ons ‘n onakkurate persepsie van God het. Ons maak soms die fout om te dink dat God slegs ‘n verlangse, onpersoonlike vlak van belangstelling in ons lewens het. In feite, stel God eintlik op ‘n intieme manier belang in jou lewe. Hy het jou geskep tot sy vreugde, en wil in en deur jou werk!


Gebed kan op ‘n eenvoudige manier gedefinieër word as kommunikasie met God. Dink aan naby vriendskappe wat jy het. Verseker, daardie persone is daar vir jou wanneer jy hulle nodig het, maar jy praat tog heeltyd met hulle, nie waar nie? Julle deel julle lewens, nie waar nie? Wel, God wil graag jou beste vriend wees. Jy kan Hom alles en enigiets vertel, jy kan saam met Hom lag, jy kan met Hom gesels oor jou dag, jy kan eerlik wees met Hom, jy kan die begeertes van jou hart met Hom deel. Die kern is dat Hy van alles wil hoor! God begeer ernstig dat jy intieme, persoonlike kommunikasie met Hom sal hê.


“Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek by hom ingaan en saam met hom die feesmaal hou, en hy saam met My.” Openbaring 3:20


Jesus klop aan die deur van ons harte, met die begeerte na ‘n spesiale tyd van gemeenskap op ‘n persoonlike vlak. Deur maar net hierdie deur oop te maak vir Jesus se sagte versoek vir gemeenskap, is die begin van ‘n suksesvolle, effektiewe en belonende gebedslewe wat gevul is met God se seëninge.


God is die ware bron waarheen ons in die lewe kan vlug, en Hy wil vir ons sy getrouheid en liefde wys –— geen uitdaging is ooit vir Hom te groot nie — Hy wil maar net graag van jou hoor.


“God is my redding en my krag. Hy is my rots, my sterkte, God is my toevlug.” Psalm 62:8

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Jy HET ‘n Gebed!

Ontdek die beginsels wat nodig is om ‘n kragtige en effektiewe gebedslewe te bou. Gebed – om met God op ‘n persoonlike vlak te kommunikeer – is die sleutel wat dit moontlik maak om positiewe verandering in ons lewens en ...

More

Ons wil graag Twenty20 Faith, Inc. bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.twenty20faith.org/yvdev3

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid