Leesplan inligting

Jy HET ‘n Gebed!Voorbeeld

Jy HET ‘n Gebed!

DAG 4 VAN 6

“God se Model vir Effektiewe Persoonlike Gebed”


Die Ons Vader Gebed is een van die mees bekende gedeeltes in die Bybel. Baie mense het die Ons Vader Gebed gememoriseer, of herken dit ten minste as hulle dit hoor. Jesus het sy dissipels soos volg geleer:


“So moet julle bid: “Ons Vader wat in die hemel is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel. Gee ons vandag ons daaglikse brood; en vergeef ons ons oortredings soos ons ook dié vergewe wat teen ons oortree; en laat ons nie in versoeking kom nie maar verlos ons van die Bose.” Mattheus 6:9-13


Die Ons Vader Gebed is selfs tot vandag toe een van die gebede wat die meeste gebid word. Maar toe Jesus hierdie besondere woorde vir sy dissipels gegee het, was sy bedoeling daarmee dat dit baie meer sou wees as bloot net ‘n effektiewe gebed wat ons moet memoriseer. Hy het vir ons ‘n belangrike raamwerk gegee waarop ons al ons gebede kan baseer. 


Dink vir ‘n oomblik na oor dit wat jou gewoonlik beperk wanneer jy bid, of oor gebedshindernisse wat jy het. Miskien het jy ‘n neiging om te veel op jouself te fokus. Miskien word jou aandag maklik weggelei terwyl jy bid, of selfs afgesny. Hierdie is algemene probleme wat  almal van ons van tyd-tot-tyd beleef.


Die komponente waarin die Ons Vader Gebed afgebreek kan word, voorsien ‘n basis wat help om hierdie tendense en hindernisse te oorkom. Meer oor hierdie komponente in die volgende afdelings.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Jy HET ‘n Gebed!

Ontdek die beginsels wat nodig is om ‘n kragtige en effektiewe gebedslewe te bou. Gebed – om met God op ‘n persoonlike vlak te kommunikeer – is die sleutel wat dit moontlik maak om positiewe verandering in ons lewens en ...

More

Ons wil graag Twenty20 Faith, Inc. bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.twenty20faith.org/yvdev3

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid