Leesplan inligting

Jy HET ‘n Gebed!Voorbeeld

Jy HET ‘n Gebed!

DAG 1 VAN 6

“Ons HET ‘n Gebed!”


Die spreekwoord, “sy gebed slaan teen die plafon vas,” is ‘n uitdrukking wat iemand beskryf wat moeilike omstandighede met onmoontlike kanse op sukses in die gesig staar. 


Maar God het nooit bedoel dat ons gebedslewe ‘n laaste uitweg is om moeilikhede te oorkom, nadat ons eers alle ander opsies en bronne uitgeput het nie. Die waarheid is dat God wil hê dat gebed die middelpunt van elke Christen se lewe moet wees: die eerste plek waarheen ons gaan wanneer ons ‘n behoefte het, nie die laaste nie. Hy wil heeldag van ons hoor, elke dag, in ons tye van behoefte en nood, sowel as in tye van oorvloed en vervulling. Hierby wil God sy liefde op so baie manière demonstreer, deur in konstante kommunikasie met ons te wees, terwyl ons bid.


Gebed is die sleutel wat dit moontlik maak om positiewe verandering in ons lewens en omgewings te sien, en dit is fundamenteel om te groei in ons reis saam met God.


“Die gebed van ‘n gelowige het ‘n kragtige uitwerking.” Jakobus 5:16

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Jy HET ‘n Gebed!

Ontdek die beginsels wat nodig is om ‘n kragtige en effektiewe gebedslewe te bou. Gebed – om met God op ‘n persoonlike vlak te kommunikeer – is die sleutel wat dit moontlik maak om positiewe verandering in ons lewens en ...

More

Ons wil graag Twenty20 Faith, Inc. bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.twenty20faith.org/yvdev3

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid