Leesplan inligting

Jy HET ‘n Gebed!Voorbeeld

Jy HET ‘n Gebed!

DAG 3 VAN 6

“Persoonlike Gebed”


Om saam te bid met vriende, familie of om selfs maar net te bid voor ‘n maaltyd, is uitstaande maniere om met God te kommunikeer in meer publieke kontekste. Maar addisioneel tot deelname aan publieke gebed, wil God graag hê dat ons ook deelneem aan persoonlike, meer private gebed — slegs tussen jou en God. Jesus het die volgende gesê in verband met privaatheid in ons gebede:


“Nee, as jy bid, gaan na jou   kamer toe, maak die deur toe en bid tot jou Vader wat jy nie kan sien nie. Jou Vader wat sien wat verborge is, sal jou beloon. Matteus 6:6


Jesus se instruksies aan ons rakende gebed agter geslote deure, sê dat God intiem en persoonlik belangstel in ons lewens. Sy begeerte is om ons persoonlike verhouding met Hom te  ontwikkel deur een-tot-een kommunikasie. God neem kennis van jou vaste  voorneme om private gemeenskap met Hom te hê, en Hy belowe om jou te beloon en te seën.


God will ook hê dat ons eerlik en oop in ons kommunikasie met Hom sal wees, net soos wat ons met ‘n geliefde sou wees. Terwyl dit ‘n gesonde praktyk is om gebede woord-vir-woord te memoriseer, wil God tóg graag ‘n geloofwaardige uitdrukking van onsself hê, eerder as ‘n reeks woorde wat ons gememoriseer het. Jesus sê die volgende in verband met egtheid in ons gebede:


“Wanneer julle bid, moet julle nie soos die heidene 'n stortvloed van woorde gebruik nie. Hulle verbeel hulle hulle gebede sal verhoor word omdat hulle baie woorde gebruik. Moet dan nie soos hulle maak nie, want julle Vader weet wat julle nodig het, nog voordat julle dit van Hom vra.” Matteus 6:7-8


Terwyl God reeds weet wat ons nodig het en wil hê nog voordat ons vra, wil Hy steeds hê dat ons hierdie  versoeke teenoor Hom sal uitspreek met eerlikheid en met verwagting dat Hy ons beste belange in gedagte het. Hy wil baie graag elke gebed met liefde en getrouheid beantwoord.


‘n Volgende belangrike element van persoonlike gebed is om te volhard in gebed, sonder ophou. God word nooit   moeg om na ons gebede te luister nie, selfs al is dit dieselfde gebede wat ons vantevore alreeds gebid het. Wat sê Jesus daarvan as ons met ywerigheid bid?


“Vra, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal kry; klop, en vir julle sal oopgemaak word, want elkeen wat vra, ontvang; en elkeen wat soek, kry; en vir elkeen wat klop, sal oopgemaak word.” Mattheus 7:7-8


Om daagliks tyd opsy te sit vir persoonlike kommunikasie met God, is belangrik met die oog op groei in ons alledaagse Christelike lewenswandel. Probeer om daagliks ‘n tyd te kies waartydens jou aandag nie weggelei sal word nie, en moenie bekommerd wees dat God sy stop-horlosie gaan gebruik om te sien hoeveel tyd jy vir Hom gee nie; Hy doen dit nie. Hy wil maar net vir jou hê. Privaatheid, eerlikheid en volharding is die drie belangrikste eienskappe van jou een-tot-een gebedstyd met God en sal jou help om ‘n intieme verhouding met Hom te bou. Jy sal begin om hierdie kosbare tye te geniet, en jy sal begin om op Hom te vertrou op ‘n manier waarop jy dit nog nooit tevore gedoen het nie.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Jy HET ‘n Gebed!

Ontdek die beginsels wat nodig is om ‘n kragtige en effektiewe gebedslewe te bou. Gebed – om met God op ‘n persoonlike vlak te kommunikeer – is die sleutel wat dit moontlik maak om positiewe verandering in ons lewens en ...

More

Ons wil graag Twenty20 Faith, Inc. bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.twenty20faith.org/yvdev3

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid