Leesplan inligting

Enkellopend, Gereed om te MengVoorbeeld

Single, Ready To Mingle

DAG 6 VAN 7

Nadat God vir Adam vertel het dat hy 'n lewensmaat nodig het, het hy begin soek na 'n geskikte helper, maar hy het dit nie gekry nie. Soos ek genoem het, God se kriteria vir 'n lewensmaat is vergelykbaarheid. Toe Adam nie iemand kon kry wat voldoen aan die kriteria nie, het hy teruggekom na God toe. God het 'n oplossing gehad. Dit was definitief nie 'n konvensionele een nie.



God het Adam laat slaap, 'n diep slaap in werklikheid. Daar was nie meer kyk nie, nie meer soek nie, net slaap. God het 'n waarlik interessante manier van werk gehad. Verbeel jou jy is Adam en God sê basies vir jou: "Jy is moeg gesoek? Rus 'n bietjie. Maak net jou oë toe en slaap." Adam was nie dood nie — net aan die slaap. Slaap mag dalk soos dood lyk op 'n afstand, maar die verskil is dat dié wat slaap ten volle lewendig is en herlaai word vir dit wat kom. Dié wat dood is, wel, hulle is weg. 



Mag ek iets voorstel? Kan dit wees dat na 'n tydperk van soek en nie kry waarna jy soek nie, dat God jou dalk nooi om te slaap in die area van romantiese verhoudinge? Met slaap bedoel ek hou op soek, maak jou oë toe, nie jou hart nie. Plaas dit letterlik in God se hande, en wag vir Hom. Toe Adam gewerk het om 'n lewensmaat te kry, kon hy nie een kry nie. Toe Adam egter rus soos God gesê het, het God gewerk terwyl hy gewag het. Miskien wag God vir jou om vir Hom te wag, sodat Hy kan werk. Miskien het al jou werk jou nêrens gekry nie. As jy nou op daardie plek is, nooi ek jou om die las van probeer om die regte persoon te vind by die voete van Jesus neer te lê. In plaas van 'n lewensmaat soek, soek die koninkryk, wag op God om alles anders by jou lewe te voeg.



Toe Adam gaan slaap het, het God begin werk. God was klaar met die skepping van die wêreld, nou was dit tyd om te begin werk aan Adam. Ons almal wil God se betrokkenheid in ons verhoudinge hê. Die beste manier om dit te doen is om te verstaan dat God werk wanneer ons wag. Wanneer ons sy koninkryk soek, voeg Hy dinge vir ons by. As jy aanhou soek, soos Adam, en nie kry waarna jy soek nie, bring dit frustrasie en teleurstelling. Dit kan mense desperaat en ongeduldig maak. Miskien is dit tyd om iets te verander. Laat God werk. Hy werk namens dié wat wag; in hierdie geval, slaap. 


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Single, Ready To Mingle

Om uit te gaan en te trou is waarskynlik die onderwerpe waaroor daar die meeste gepraat word onder jong mense en selfs volwassenes. Dit maak sin, aangesien om 'n lewensmaat te kies die tweede belangrikste besluit is, na ...

More

Ons wil graag vir Hungry Generation bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.hungrygen.com/authors/vladimir-savchuk/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid