Leesplan inligting

Enkellopend, Gereed om te MengVoorbeeld

Single, Ready To Mingle

DAG 2 VAN 7

Identiteit, of selfbeeld, is hoe jy jouself sien. Selfbeeld is soos 'n ketting, dit beperk hoe ver jy kan gaan. Soos 'n wilde hond aan 'n leiband wat nie verder kan gaan as wat die ketting hom toelaat nie, so is 'n lae selfbeeld; dit beperk 'n persoon se potensiaal. Dit affekteer hulle perspektief en, baie keer, verhoed dit hulle om deur God gebruik te word. Mense wat onseker is oor hulleself, kyk dikwels na 'n huwelik om hulle minderwaardigheidskompleks te genees. Romantiese verhoudinge is hulle laaste hoop om hulle lae selfbeeld te genees. Dit maak nie saak hoeveel liefde, geskenke en aandag jy aan hulle gee nie, dit is nooit genoeg nie. Jou identiteit moet in God geanker wees voor jy trou. God het geopenbaar wie Adam was voor Eva op die toneel verskyn het.  



God het vir Adam gevorm. Anders as die res van die skepping, wat God geskep het deur dit tot bestaan te spreek, was God fisiek betrokke in die skepping van Adam uit stof. So ook, het God jou gevorm. Jy is geskep deur die aanraking van God; daarom, is dit sy aanraking waarna jy altyd sal hunker. Sy teenwoordigheid raak jou skuilplek. Daar sal altyd 'n diep begeerte in jou hart vir God se aanraking wees omdat Hy jou met sy hande gevorm het. 



God het Adam geskep as sy beeld en gelykenis. Die mens dra die afdruk van God. Dit is hoekom die duiwel jou haat, omdat jy hom aan God herinner. Toe God die plante en diere gemaak het, het Hy hulle gemaak “elkeen na sy aard,” die frase kom tien keer voor in Genesis 1:11-25. Toe Hy Adam geskep het, het Hy hom gemaak as sy beeld. Hou op om jou waarde te bepaal deur hoeveel "likes" jou foto's op sosiale media kry. Jy dra die beeld van God binne-in jou; daarom word jou waarde deur Hom bepaal. 



God het Adam geseën en gesê dat hy goed was. Seëning is bemagtiging vir uitbreiding. Dit is meer as goed; dit is mag om meer te word. Net soos God vir Adam geseën het, wanneer jy jou identiteit ontdek, sal jy besef dit is alreeds deur God geseën. In jou identiteit is jy geseënd, nie vervloek nie. Dit beteken jy is bemagtig om te groei en uit te brei. God het alles gesien wat Hy gemaak het en Hy het gesê dat dit baie goed was. Jy moet dit persoonlik hoor, nou, van God af … jy is BAIE GOED! God het nie 'n fout gemaak toe Hy jou geskape het soos jy nou is nie. Jy is sy meesterstuk, wonderbaarlik aanmekaar geweef. Jy is God se beste skepping. Hy verheug Hom in jou. 



As dit nie genoeg is om 'n lae selfbeeld te oorkom nie, dan sal niks ooit genoeg wees om onsekerheid te verwyder nie. Vernuwe jou gedagtes vandag. Ontvang wat God van jou sê — die waarheid sal jou vry maak. Alles anders wat jy sien en voel is eenvoudig feite. Onthou dat feite verander, maar die waarheid is vir ewig. 


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Single, Ready To Mingle

Om uit te gaan en te trou is waarskynlik die onderwerpe waaroor daar die meeste gepraat word onder jong mense en selfs volwassenes. Dit maak sin, aangesien om 'n lewensmaat te kies die tweede belangrikste besluit is, na ...

More

Ons wil graag vir Hungry Generation bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.hungrygen.com/authors/vladimir-savchuk/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid