Leesplan inligting

Enkellopend, Gereed om te MengVoorbeeld

Single, Ready To Mingle

DAG 3 VAN 7

Toe God vir Adam geskape het, het Hy hom in die tuin geplaas. Dit spreek van God se teenwoordigheid. Adam is ook gemaak as God se beeld — dit spreek van identiteit. Voor Eva in hierdie lewe gekom het, het God vir Adam 'n werk gegee. Dit was om om te sien na die tuin en vir die diere name te gee. Dit was nie 'n goed besoldigde werk nie, maar dit het hom voorsien van 'n plek om te bly en kos om te eet en dit het hom besig gehou. Miskien is dit hoekom hy nie alleen gevoel het nie; omdat hy nie ledig was nie? God moes vir hom sê om 'n vrou te soek. Dit is hoe God verhoudinge hanteer — as jy 'n lewensmaat soek, kry 'n werk. Dit hoef nie jou droom werk te wees nie, maar iets wat jou gedagtes besig hou, jou produktief maak en geld in jou bankrekening sit. 



Werk het gekom voor die val van die mens. Werk het nie gekom as 'n resultaat of 'n vervloeking nie. Om 'n werk te hê hou jou besig, wat jou help om versoeking te weerstaan. Daar is 'n groot verskil tussen Josef en Dawid — een van die redes hoekom een in seksuele sonde verval het en die ander een dit oorkom het, was die kwessie van ledigheid. Josef het na die huis gegaan om sy werk te doen; hy was nie ledig nie. Hy het nie tyd gehad om met Potifar se vrou te flankeer nie. Dawid, in plaas daarvan om oorlog toe te gaan, het by die huis gebly en heeldag geslaap. Hy het gesukkel om die versoeking te weerstaan om na 'n kaal vrou te kyk en het toegegee aan die versoeking en sonde gepleeg. Dit is hoekom God wil hê jy moet hard werk. Dit help jou met jou heiligheid, ontwikkel jou volwassenheid en berei jou voor om vir jou troue te betaal en jou huwelik te lei. 



Wanneer jy die Bybel lees, sal jy sien dat God nooit lui en ledige mense na die koninkryk geroep het nie. Moses het vir sy skoonpa gewerk toe hy geroep is. Elisa het ook gewerk toe hy geroep is. Petrus en Johannes was besig om nette reg te maak toe hulle geroep is. As jy jouself wil voorberei vir die huwelik, kry 'n roeping — kry 'n werk.


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Single, Ready To Mingle

Om uit te gaan en te trou is waarskynlik die onderwerpe waaroor daar die meeste gepraat word onder jong mense en selfs volwassenes. Dit maak sin, aangesien om 'n lewensmaat te kies die tweede belangrikste besluit is, na ...

More

Ons wil graag vir Hungry Generation bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.hungrygen.com/authors/vladimir-savchuk/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid