Leesplan inligting

Enkellopend, Gereed om te MengVoorbeeld

Single, Ready To Mingle

DAG 1 VAN 7

Voor God vir Adam in die teenwoordigheid van 'n vrou gebring het, het die Skepper die man eers in sy teenwoordigheid gebring. Moenie 'n fout maak nie, God kon vir Eva gemaak het op dieselfde dag wat Hy vir Adam gemaak het. Hy is 'n Almagtige God, Hy kon vir Adam en Eva op dieselfde tyd geskep het. Hoekom het God gewag voor Hy vir Eva geskep het? Hoekom het God 'n tydperk van enkellopenheid vir Adam geskep?



Het jy opgemerk dat Adam enkellopend was voor sonde in die wêreld gekom het? Dit sê vir my dat enkellopenheid nie 'n sonde of 'n siekte is nie. Dit is 'n tydperk deur God beplan vir 'n doel. Ek glo dat God nie onmiddellik vir Adam 'n vrou gebring het nie sodat Hy vir die generasies wat kom, kon wys wat God se plan vir verhoudinge is. Verhouding met God kom eerste. Om te leef in sy teenwoordigheid is die fondament vir elke ander verhouding. Jy moet gemaklik wees met God terwyl jy enkellopend is, of jy sal nooit vrede hê saam met iemand anders nie.



Adam was so verlore in God se teenwoordigheid dat hy nie eens geweet het hy was alleen nie. Dink hieroor; God kom na Adam toe en sê: "Jy is alleen, Adam. Jy het iemand nodig." Dit was nie Adam wat na God toe gegaan het en gesê het: "Here, asseblief, as U my lief het, stuur iemand om by my te wees" nie. As jy desperaat is vir 'n afspraak, het jy dalk nog nie God se teenwoordigheid ontdek nie. Adam het nie vir God vertel dat hy alleen is nie — inteendeel, hy het nie eens geweet dat hy alleen is nie! God moes Adam herinner. Jy moet so verlore wees in die Heilige Gees dat Hy jou moet herinner dat jy alleen is.



Mense vra altyd vir my: "Wanneer sal ek gereed wees om uit te gaan met iemand?" My antwoord is altyd: "Wanneer jy nie hoef nie!" Jy is gereed om uit te gaan met iemand wanneer jy nie nodig het om uit te gaan met iemand nie. So lank as wat jy MOET uitgaan met iemand om 'n leemte in jou hart te vul, 'n gebroke hart te genees, weg te hardloop van vader kwessies, of om 'n verslawing te oorkom, dan is jy nie reg om met iemand uit te gaan nie. Wat jy regtig nodig het, is die Heilige Gees. Wanneer jy Hom soek, maak Hy jou heel. Dan word die kwessie om met iemand uit te gaan 'n kwessie van WIL, nie MOET nie.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Single, Ready To Mingle

Om uit te gaan en te trou is waarskynlik die onderwerpe waaroor daar die meeste gepraat word onder jong mense en selfs volwassenes. Dit maak sin, aangesien om 'n lewensmaat te kies die tweede belangrikste besluit is, na ...

More

Ons wil graag vir Hungry Generation bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.hungrygen.com/authors/vladimir-savchuk/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid