Leesplan inligting

Enkellopend, Gereed om te MengVoorbeeld

Single, Ready To Mingle

DAG 4 VAN 7

Nadat God vir Adam gesê het dat hy alleen was, het hy begin om vir die diere name te gee en gesoek vir 'n vergelykbare helper. Die Skrif sê: "... maar vir homself het hy nie 'n helper, 'n gelyke, gekry nie ..." die woord gekry dui daarop dat iemand gesoek het. Adam het vir diere name gegee en vir 'n lewensmaat op dieselfde tyd gesoek. Dit moes 'n groot gesukkel vir Adam gewees het, verskillende diere wat verby kom en nou moet hy probeer uitpluis of enige van hulle soos hy is. Verbeel jou as Adam vir 'n lewensmaat tussen die diere gesoek het, hy sou waarskynlik gedink het dat die olifant duidelik te groot was en dat die slang net 'n klein bietjie te snaaks was. Leeus was beslis te skrikwekkend. Maar dan, daar was sy — 'n sjimpansee, wat eintlik meer soos hy gelyk het as enige ander dier. Waarskynlik was die aap die naaste ding aan hom. Miskien het Adam gedink: "As God net so 'n bietjie plastiese chirurgie toepas op die aap kan dit dalk werk. Miskien bietjie haarverwydering en 'n bietjie gesigsherbouing. Die aap kan nie kommunikeer nie, so miskien kan God dit ook regmaak. Na alles, is God die God van die skepping en wonderwerke." Wat dink jy sou gebeur as dit Adam se benadering was om 'n lewensmaat te soek? 



Ek het baie waardering vir Adam en die feit dat hy nie vir God 'n aap gebring het om reg te maak nie. In plaas daarvan het hy na God gekom en gesê dat hy nie 'n geskikte helper kon vind nie. Hoekom het hy nie vir God vertrou om een van die diere wonderbaarlik te herskep nie? Hulle was die enigste opsies wat hy gehad het; dit was nie asof God ander mense êrens weggesteek gehad het nie. Hoekom het hy nie gevat wat toe beskikbaar was nie?



Voor God vir jou 'n Eva bring sal die duiwel vir jou 'n aap aanbied. 'n Aap is iemand wat nie vergelykbaar is met jou nie, want hulle deel nie jou geloof of waardes nie. Dit is iemand wat jy na God toe bring sodat Hy hulle kan regmaak. Adam het besluit om eerder op God te wag om die regte persoon na hom toe te bring as om vir God te wag om die verkeerde persoon reg te maak.



Jy mag dalk dink: "Maar, dit sal te lank vat!" Dink eerder so daaraan; hoe dit ook al sy, jy gaan wag! Óf jy wag vir God om die regte persoon te bring óf jy wag vir God om die verkeerde persoon, wat jy gekies het uit ongehoorsaamheid aan God se beginsels, reg te maak. Moenie desperaat wees nie. Adam kon baie maklik tevrede gewees het met 'n aap uit ongeduld — hy het 'n goeie rede gehad om dit te doen, daar was nie ander opsies beskikbaar nie. In plaas daarvan het Adam vir God gewag om die regte persoon te bring.



Baie Christene, jonk en oud, gaan die wêreld in, nie om die verlorenes te wen nie maar om 'n lewensmaat te vind. Adam is deur God geroep om die diere name te gee, nie om met hulle te trou nie. Ons word geroep om die wêreld te bereik, nie om daarmee vriende te wees nie. Ek noem dit sending-uitgaan — wanneer jy met iemand uitgaan en jy hoop hulle word gered. Dit is wanneer jy flankeer om te herskep. Ek weet dit is nogal gewild en daar is ook ware getuienisse van mense wat gered is toe hulle met 'n Christen uitgegaan het. Ek wil dit egter beklemtoon dat hierdie die uitsondering op die reël is — hulle is nie voorbeelde vir ons om na te volg nie. 


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Single, Ready To Mingle

Om uit te gaan en te trou is waarskynlik die onderwerpe waaroor daar die meeste gepraat word onder jong mense en selfs volwassenes. Dit maak sin, aangesien om 'n lewensmaat te kies die tweede belangrikste besluit is, na ...

More

Ons wil graag vir Hungry Generation bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.hungrygen.com/authors/vladimir-savchuk/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid