Leesplan inligting

Reis Saam Met Jesus — 40 Dae Lydenstyd OordenkingVoorbeeld

Journeying With Jesus - 40 Days Lent Devotional

DAG 4 VAN 40

Ek kan my die toneel voorstel. In der waarheid kan die meeste van ons dit baie duidelik voorstel, want die laaste paasmaaltyd is 'n kunswerk wat dikwels in Christene se huise te sien is. Die mans in die skildery het baarde, drink uit wynbekers en het klede aan. Een van hulle lyk meer kwaadwillig as die ander. Natuurlik is die gemene een niemand anders as Judas nie.



Jesus het die laaste maaltyd met sy verraaier gedeel. Hy het vir Judas gulde geleentheid gegee om tot inkeer te kom. Jesus het in der waarheid Judas se sonde openbaar gemaak sonder om doekies om te draai. Judas het egter sy hart verhard en nie tot sy sinne gekom nie. Hy het die waarheid omseil met hierdie woorde: "Is dit miskien ek, Rabbi?"



Judas het geweier om sy sonde te erken. Hy het nie toegelaat dat oortuiging die lae van trotse selfbehoud binnedring nie.



Dalk verraai ons God nie doelbewus nie, maar ons hou vol met ons sondige dade. Laat ons toe dat die oortuiging van sonde ons breek?



Oordink



Waarvan is God besig om my te oortuig? In watter gebiede van my lewe maak ek verskonings en laat nie sy stem van oortuiging toe om my te verander nie?



Gebed



Hemelse Vader, wys vir my die gebiede waar ek gereeld sondig, waar dit ongesiens verbygegaan het omdat ek verskonings maak. Gee my die krag om te verander. Gee my 'n sagte hart wat oop is vir u oortuiging. Amen.


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Journeying With Jesus - 40 Days Lent Devotional

"Reis Saam Met Jesus" is 'n leesplan om ons te help om saam met Jesus deur die laaste twee hoofstukke van Matteus te stap. Ons staan stil om op Jesus se laaste dae op hierdie aarde te fokus en wat dit vir ons beteken. Ho...

More

Baie dankie aan Susan Narjala wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.susannarjala.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid