Leesplan inligting

Reis Saam Met Jesus — 40 Dae Lydenstyd OordenkingVoorbeeld

Journeying With Jesus - 40 Days Lent Devotional

DAG 7 VAN 40

Die toneel in vandag se leesstuk verskuif van die bokamer na die tuin van Getsemane. Die atmosfeer verdiep en raak meer somber. Jesus vra drie van sy naaste dissipels om saam met Hom te bid. 



Ek het al voorheen nagedink oor Jesus se verdrukking in die tuin, maar het nog nooit die feit oordink dat hy sy vriende genooi het om saam met hom hartseer te wees en te bid nie.



Dis nie asof die God van die heelal hulle nodig gehad het nie. Dis nie asof Hy nie geweet het dat hulle aan die slaap sou raak in plaas daarvan om te bid nie.



En tog, deur sy droefheid met hulle te deel, het Jesus duidelik gedemonstreer dat dit in orde is om jou hart se las met ander te deel. Net omdat jy God in jou lewe het beteken dit nie dat jy altyd korrek moet optree, jou gevoelens moet verberg of onkwesbaar hoef voor te kom nie. Dis in orde om te sê: "Haai, sal jy saam met my kom?" en iemand die geleentheid te gee om saam met en vir jou te bid.



Jesus het 'n pragtige openhartigheid getoon deur sy naaste dissipels te nooi om saam met Hom te kom.



Nee, ons maak nie totaal en al op ons geliefdes staat nie. Ons tree ook nie op asof geloof hulle uit die prentjie uithaal nie.



Oordink



Wat probeer ek vandag op my eie aanpak? Het God vir my spesifieke persone gewys met wie ek my hartseer en drome kan deel? Is ek gewillig om 'n ander persoon se las te deel, selfs al moet ek my tyd en program opoffer?



Gebed



Hemelse Vader, help my om te begryp dat my geloof nie verminder as ek iemand vir hulp of gebed vra nie. Help my om nederig genoeg te wees om mense wie ek vertrou, te nooi om my op my geloofsreis te vergesel. Amen.


Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Journeying With Jesus - 40 Days Lent Devotional

"Reis Saam Met Jesus" is 'n leesplan om ons te help om saam met Jesus deur die laaste twee hoofstukke van Matteus te stap. Ons staan stil om op Jesus se laaste dae op hierdie aarde te fokus en wat dit vir ons beteken. Ho...

More

Baie dankie aan Susan Narjala wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.susannarjala.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid