Leesplan inligting

Reis Saam Met Jesus — 40 Dae Lydenstyd OordenkingVoorbeeld

Journeying With Jesus - 40 Days Lent Devotional

DAG 9 VAN 40

"Kon julle nie eens een uur lank saam met My waak nie?" Dit was die vraag wat Jesus vir sy naaste dissipels gevra het toe hulle aan die slaap geraak het in plaas daarvan om saam met Hom te bid.



Ek sien nie dat Jesus vererg was oor hulle swakheid nie. Sy vraag het dieper gedelf. Hy het geweet dat hierdie oomblikke in die tuin van Getsemane uiters belangrik was. Dit sou 'n tyd van voorbereiding wees, deur middel van gebed. Voorbereiding vir die intense uitdaging wat voorgelê het. 



Hy waarsku die drie dissipels wat hy saamgeneem het: "Waak en bid, sodat julle nie in versoeking kom nie." 



Ons weet wat later gebeur het. Toe dit moeilik word het die dissipels uitmekaar gespat soos kaf in die wind. Ek kan nie help om te wonder nie: wat sou gebeur het as hulle, net soos Jesus, in gebed geworstel het totdat hulle tot die punt van algehele gehoorsaamheid en oorgawe gekom het? Sou hulle hul man kon staan toe Jesus gearresteer is?



Jesus het geweet hoe broos hulle geloof kon wees. En daarom het Hy vir hulle — en ook vir ons — die wapenrusting van gebed gegee om ons teen die broosheid te beskerm.



Oordink



Wat is my instinktiewe reaksie as ek onder druk is? Bring ek tyd in gebed deur om my voor te berei vir my daaglikse stryd? Veg ek of vlug ek? Of behou ek my geloof en maak op God staat om my deur te dra?



Gebed



Hemelse Vader, help my om nooit die krag van gebed te onderskat nie. Help my om tyd te maak vir U, en in gebed te tree sodat ek die geestelike moed kan kry wat ek nodig het om die uitdagings in die gesig te staar. Ek het daardie alleentyd met U nodig om myself voor te berei sodat ek nie voor versoeking swig nie. Amen.


Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

Journeying With Jesus - 40 Days Lent Devotional

"Reis Saam Met Jesus" is 'n leesplan om ons te help om saam met Jesus deur die laaste twee hoofstukke van Matteus te stap. Ons staan stil om op Jesus se laaste dae op hierdie aarde te fokus en wat dit vir ons beteken. Ho...

More

Baie dankie aan Susan Narjala wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.susannarjala.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid