Leesplan inligting

Reis Saam Met Jesus — 40 Dae Lydenstyd OordenkingVoorbeeld

Journeying With Jesus - 40 Days Lent Devotional

DAG 3 VAN 40

Jesus se dissipels het voorbereidings getref vir die Paasfees ete. Kom ons lees hierdie verse en kyk na drie eenvoudige dinge wat hulle ter voorbereiding gedoen het:
1. Hulle het na Jesus toe gegaan 2. Hulle het vir Jesus gevra en 3. Hulle het Jesus gehoorsaam.



Tydens hierdie Lydenstyd berei ons ook voor vir die dag wat ons Jesus as ons sondelose Paaslam herdenk. Tref ons egter voorbereidings volgens ons voorwaardes of Syne? Is ons voorbereiding tydens die Lydenstyd slegs op die sigbare ingestel — of wag ons op Jesus, luister ons na Hom en volg ons Hom in gehoorsaamheid? 



Laat ons tydens hierdie tydperk van voorbereiding, eers na Hom toe kom sonder ons eie agendas. Kom ons wag in nederigheid op Hom. Kom ons luister na sy stem. En die heel belangrikste; kom laat ons nie net hoorders van die Woord wees nie, maar ook daders. Die dissipels "het gemaak soos Jesus aan hulle opgedra het, en die paasmaaltyd voorberei." Hoe berei jy en ek voor?



Oordink



Wat "gee ek prys" in die Lydenstyd? Is dit iets waarvan God my oortuig het? Is my voorbereiding meer vleeslik as geestelik? Wag ek op God en is ek bereid om volgens sy voorwaardes na Hom toe te kom?



Gebed



Hemelse Vader, soms is dit so maklik om in 'n ou roetine en ritueel te verval wat die Lydenstyd betref. Ons gee onbewustelik een of ander ding prys, net om ons skuld te verlig en 'n eiegeregtige baadjie aan te trek. Ek het hierdie Lydenstyd vir 'n hernude visie gebid. Help my om in ware nederigheid na U te kom en toe te laat dat U my snoei soos U wil.  Amen.


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Journeying With Jesus - 40 Days Lent Devotional

"Reis Saam Met Jesus" is 'n leesplan om ons te help om saam met Jesus deur die laaste twee hoofstukke van Matteus te stap. Ons staan stil om op Jesus se laaste dae op hierdie aarde te fokus en wat dit vir ons beteken. Ho...

More

Baie dankie aan Susan Narjala wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.susannarjala.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid