Leesplan inligting
Reis Saam Met Jesus — 40 Dae Lydenstyd OordenkingVoorbeeld
As iemand wat sy bestaan uit skryf maak, weet ek dat die eerste en die laaste sinne besonders moet wees. Hulle moet 'n impak maak. Die evangelie van Matteus eindig met hierdie woorde van Jesus: "Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld."
Dit lyk dalk nie aanvankik soos 'n indrukwekkende of onvergeetlike sin nie. Tog het Matteus besluit om die evangelie so af te sluit, en dit maak dit beduidend.
Die dissipels sou hierna vir die volgende paar maande hewige vervolging deurmaak. Jesus het hulle verseker dat Hy die hele tyd met hulle sou wees.
Jesus sou opvaar na die Vader in die hemel, maar Hy sou sy Heilige Gees stuur wat vir ewig in die dissipels sou woon.
Dit was die belofte aan die dissipels. Dis vandag ook 'n belofte vir ons. Jesus is altyd met ons, deur die inwonende Heilige Gees. Altyd en vir ewig.
Blye versekering, Jesus is myn.
Oordink
In watter omstandighede moet ek onthou dat Jesus met my is? Hoe sal dit die omstandigheid verander? Of hoe sal dit my verander sodat ek die omstandigheid beter kan hanteer?
Gebed
Drie-enige God, Vader, Seun en Heilige Gees! Ek aanbid 'n manjifieke en magtige God. Ek aanbid ook 'n God wat my genoeg liefhet om met my te wees. Altyd. Tot aan die einde. U sal my nie in die steek laat of alleen laat nie. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
"Reis Saam Met Jesus" is 'n leesplan om ons te help om saam met Jesus deur die laaste twee hoofstukke van Matteus te stap. Ons staan stil om op Jesus se laaste dae op hierdie aarde te fokus en wat dit vir ons beteken. Ho...
More