Leesplan inligting

Filippense - Kies VreugdeVoorbeeld

Filippense - Kies Vreugde

DAG 8 VAN 27

Lees: Filippense 2:1-4


SOAP: Filippense 2:3-4 


Wanneer ons besef dat God in beheer is en dat ons lewens in Sy betroubare hande is, kan ons ophou om ons eie agenda voor te hou. In plaas daarvan om 'n egoïstiese, selfgesentreerde lys te hê van dinge om te doen, stel ons dít wat ons wil hê, ons drome en begeertes vry vir iets baie groter ... SYNE! Die lewe gaan nie oor prestasies nie, maar eerder verhoudings: ons verhouding met Christus en ons verhouding met ander. Hoe ons ons lewens lei, kom werklik neer op 'n vraag wat ons daagliks moet beantwoord: sal ons leef vir Christus of sal ons leef vir onsself? Wanneer ons vir onsself leef - wat ons wil hê, ons begeertes en ons drome - word ons die fokus, nie Jesus nie. Maar wat as ons anders kies? Wat as ons, elke oggend wanneer ons wakker word, vir Jesus kies? Kom ons gee ons dag aan Hom oor voordat ons voete die grond raak. Kom ons reik in nederigheid na ander uit en sien maniere raak hoe ons Jesus se hande en voete kan wees reg waar Hy ons geplaas het, in plaas daarvan om 'n innerlike fokus te hê. Nederigheid beteken nie dat ons minder van onsself te dink nie, maar dat ons minder dikwels aan onsself te dink - Sy wil bo ons eie.

Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Filippense - Kies Vreugde

Vreugde is die tema van die boek Filippense. Dit is ongelooflik, want hierdie brief is deur Paulus geskryf terwyl hy in die tronk was. Hoe is dit moontlik om vreugdevol te wees te midde van oorweldigende hartseer en lydi...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://lovegodgreatly.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid