Leesplan inligting

Die Geloof Van GebedVoorbeeld

Die Geloof Van Gebed

DAG 6 VAN 7

Gebed is nie ’n geestelike Google-oefening nie 


Wanneer mense na inligting oor enigiets of enigiemand soek, dan Google hulle dit. Sulke soektogte lewer gewoonlik derduisende trefslae in ʼn paar millisekondes op. Wel, gebed is nie die hemelse weergawe van Google, waar ons teen rekordspoed antwoorde moet kry op al ons vrae en probleme nie. Op hierdie manier gaan ons nooit na God toe nie. Ons storm nie in die hemelse troonsaal in met die doel om elke keer daar weg te loop met ’n antwoord, ’n deurbraak, of ’n gebedsverhoring binne ’n nuwe rekordtyd nie. Want gebed werk nie soos Google nie. God is die Here. Daarom buig ons elke keer in nederigheid voor Hom. Ons dien en aanbid Hom op sy terme. 


Gebed werk ook nie soos 'n geestelike telbord waar die beste bidders se deurbrake in hoofletters pryk vir almal om te bewonder nie. Sulke idees water gebed af tot ʼn hemelse verbruikersdiens. C.S. Lewis sê tereg God is nie “a Grandfather in heaven” wat net moet sorg dat almal ʼn goeie tyd het en dan uit die pad moet staan nie. God se wil druis gewoonlik teen ons eie selfsugtige planne en gebede in. God is regtig nie ʼn eenstop- hemelse diens nie. God is ons hemelse Vader wat ’n lewende verhouding met ons as sy kinders wil laat groei en instandhou. 


Ons bid nooit net om te ontvang nie; ons bid om God te verheerlik. Ons bid om sy Naam te eer. Ons bid om Sy wil te laat gebeur. Ons is hier vir die Here se plesier; ons gebede ook. Ware gebed is daarom die uitdrukking van 'n nederige, lewende verhouding met God. Dit is aanbidding, verwondering, nederigheid en rus. Gebed is om God toe te laat om ons op Sy eie terme genadig te wees en ons gebede te verhoor.

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Die Geloof Van Gebed

Voel dit asof jy teen jou huis se plafon vasbid? Voel dit asof God nie jou gebede hoor, of selfs vinnig genoeg antwoord nie? Wonder jy of jou geloof dalk die probleem is vir jou gebedslewe? Volg ons saam oor die volgende...

More

Ons bedank EKERK vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.ekerk.org/skryf-in​​​​​​​

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid