Leesplan inligting

Hoe Om Te Lei Wanneer Jy Nie In Beheer Is NieVoorbeeld

Hoe Om Te Lei Wanneer Jy Nie In Beheer Is Nie

DAG 5 VAN 5

Verwerp Passiwiteit 


  


Die grootste gevaar van om nie aan die stuur te wees nie, is die passiwiteit wat jou wil bekruip.  Ek het dit in my eie lewe en leierskap gesien.  Wanneer ek nie in beheer is nie, bestaan die gevaar om uit beheer te voel.  Wanneer ek uit beheer voel, raak ek passief.  Ten einde invloed te kultiveer sonder outoriteit, het ek en jy nodig om die passiwiteit te verwerp wat so aansteeklik is in die rolle waarin ons staan. 


In my vroeë twintigs was ek in `n seisoen waar ek van een internskap na die volgende geskuif het.  Tydens daardie seisoen het ek in byna elke internskap deels die taak gehad om `n kas uit te sorteer.  Ek besef nou dat in elke kerk of organisasie, selfs by `n huis, is daar `n kas waarin al die gemors net opbou.  Wanneer jy nie weet wat om met iets te doen nie, gooi jy dit eenvoudig in daardie kas.  In die meeste organisasies is daar `n dag in elke jaar, skynbaar toevallig wanneer die interns daar begin werk, wat daardie kas uitgesorteer moet word.


Nou dat ek aan die anderkant van die kas-leegmaak-vergelyking staan omdat ek leiding aan interns kan gee, is ek mal daaroor as ek sien hulle neem die insiatief daarmee nog voordat hulle gevra word om dit te doen.  Elke organisasie het só `n kas. Die kas verteenwoordig alles wat gedoen moet word, maar wat niemand wil doen nie. Daar is projekte, probleme en prosesse wat net verwaarloos word.  Hulle mag dalk eens op `n tyd gewerk het, maar het oor tyd vergete of verwerp geraak.  Tydens `n krisis is sommige dinge laat val en nooit weer opgetel nie.  Hierdie dinge is dikwels die langtermyn beplanningsitems, die praktyke en gewoontes wat `n organisasie gesond maak op die lang duur.  Maar dit sal tyd neem om dit weer te gaan uitsoek en af te stof.


Wat kan jy doen om jouself te aktiveer om dié dinge op te tel wat niemand anders gewillig is om aan aandag te gee nie?

Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Hoe Om Te Lei Wanneer Jy Nie In Beheer Is Nie

Laat jy toe dat jou gebrek aan outoriteit jou verlam? Een van die grootste mites van leierskap is dat jy in beheer moet wees om te kan lei. Goeie leiers koop dit nie. Goeie leiers lei met of sonder outoriteit en leer om ...

More

Ons wil graag die Noordpunt Ministries bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://clayscroggins.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid