Leesplan inligting

Hoe Om Te Lei Wanneer Jy Nie In Beheer Is NieVoorbeeld

Hoe Om Te Lei Wanneer Jy Nie In Beheer Is Nie

DAG 3 VAN 5

Kies Positiwiteit 


  


Alhoewel ek nog nooit `n nag in die tronk deurgebring het nie, was ek wel `n paar keer vir detensie gestuur toe ek op hoërskool was.  Ek onthou nog my gemoedstoestand.  Ek was vir seker nie gereed om enige iets positief oor die wêreld te skryf nie.  My siening van die wêreld was vol vrees en woede, en nogal negatief.  Nie vir Paulus nie.  Paulus was in boeie toe hy die volgende verse geskryf het: “Ek wil hê julle moet weet, broers, dat wat my oorgekom het, juis die verkondiging van die evangelie bevorder het. Dit het daarop uitgeloop dat die hele keiserlike wag en al die ander nou besef dat dit ter wille van Christus is dat ek ’n gevangene is. Deur my boeie is die meeste broers ook in hulle vertroue op die Here gesterk, en hulle waag dit al hoe meer om die woord van God onbevrees te verkondig.” (Fil. 1:12–13, my beklemtoning).


Wat?!?  Op een of ander manier, was Paulus in staat om sy kop op te tel midde-in hierdie donker situasie en die groter prentjie te sien van geleenthede wat voor hom was.  Hy was oortuig dat God besig was met iets groter, ten spyte van sy situasie.  Sy boeie het gespreek van nutteloosheid, `n soort doodloopstraat.  Maar hy het nie toegelaat dat die boeie sy visie bepaal het nie.  In stede daarvan, het hy sy boeie deur `n panoptiese lens te beskou.  In stede daarvan om die boeie as beperkings te sien vir sy bediening, het hy dit beskou as nuttig, `n aanduiding dat hy geseënd was en besig om vorentoe te beweeg in God se doel met sy lewe.


Die manier waarop jy kyk is belangriker as die tragedie.


Die manier waarop jy kyk is sterker as die ondergang.


Die manier waarop jy sien is groter as die fyn besonderhede van die katastrofe.


Een van die grootste verantwoordelikhede as `n leier, ongeag of jy invloed het of nie, is om positiwiteit te kies met betrekking tot die situasie waarin jy is.  Niemand het vandag meer beheer oor jou gesindheid as jyself nie.  En soos wat jy `n hoopgevulde, vooruit-denke, kan-doen-houding kies, kan jy meer invloed kultiveer as wat jy ooit gedink het jy kan.  Dit begin egter met `n keuse vir positiwiteit, ongeag wat die situasie is. 

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Hoe Om Te Lei Wanneer Jy Nie In Beheer Is Nie

Laat jy toe dat jou gebrek aan outoriteit jou verlam? Een van die grootste mites van leierskap is dat jy in beheer moet wees om te kan lei. Goeie leiers koop dit nie. Goeie leiers lei met of sonder outoriteit en leer om ...

More

Ons wil graag die Noordpunt Ministries bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://clayscroggins.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid