Leesplan inligting

Eva se Dogters - Lewenslesse Van Vroue in die Bybel - Deel 2 Voorbeeld

Eve's Daughters - Life Lessons From Women In Scripture: Part 2

DAG 6 VAN 7

Die Diensmeisie


Het jy al onbevoeg of te bang gevoel om te praat omdat jy ongekwalifiseer of selfs verworpe voel? Ek was al daar. Ek het te skaam gevoel om te praat omdat ek soos 'n buitestander gevoel het, asof my mening nie saak maak nie.



Die jong Joodse meisie in hierdie hoofstuk is weggevoer van haar tuiste in Israel en alles wat aan haar bekend was.  So beland sy as diensmeisie in die huis van Naäman, 'n vooraanstaande offisier in die koning se weermag. As diensmeisie kon sy maklik agter haar skaamheid of status weggekruip en stilgebly het.  Tog, toe sy hoor van haar eienaar se melaatsheid, kon sy nie stil bly nie omdat sy die oplossing gehad het.



Naäman, 'n man van aansien, het sekerlik die beste adviseurs en dokters tot sy beskikking gehad.  Hoe kon sy, 'n diensmeisie, ooit die moed hê om te noem dat sy kennis dra van 'n moontlike geneesmiddel?  Tog sien ons hoe groot die geloof was van hierdie naamlose meisie met geen mediese agtergrond of enige status nie. Sy neem die dapper stap om haar meesteres te vertel van die profeet wat Naäman kan gesond maak. 



Naäman volg haar raad en besoek die profeet waar hy genees word! 



Daar is slegs een sin in die hele verhaal aan die meisie gewy.  Daardie een reëltjie vertel tog baie van haar karakter.  Nie net was sy dapper nie, maar ons weet ook sy het in die een ware God geglo. Om die waarheid te sê, toe Naäman genees is, verklaar hy dat daar geen ander God as die God van Israel is nie.  Sou jy nie sê dat hierdie jong meisie 'n getroue getuie vir God was nie?  Sy het nie toegelaat dat haar status as slavin haar keer om in die koninkryk van God kragtig te wees nie.  



Is dit nie tyd dat jy ook 'n dapper stap neem, wegbeweeg vanuit die skaduwee van skaamte, skuldgevoelens en eensaamheid nie?  Jy is uiters begunstig, 'n dogter van die een ware God.  Laat jou lewe 'n getuie wees vir diegene om jou, en moenie vir 'n oomblik dink dat jy ongekwalifiseer is nie.



Jesus het jou aan die kruis gekwalifiseer.  Jy het koninklike bloed wat deur jou are vloei.  Dit gee jou die outoriteit om te praat, ongeag voor wie jy te staan kom.  Bid dat God jou die moed sal gee om 'n verandering in sy koninkryk aan te bring. 



~Betsy


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Eve's Daughters - Life Lessons From Women In Scripture: Part 2

Ontdek hedendaagse lewenstoepassings deur die verhale van vroue in die Ou Testament. 

Ons bedank Whispers & Fringes vir die voorsiening van hierdie plan. Vir meer inligting besoek asseblief http://whispersandfringes.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid