Leesplan inligting

Eva se Dogters - Lewenslesse Van Vroue in die Bybel - Deel 2 Voorbeeld

Eve's Daughters - Life Lessons From Women In Scripture: Part 2

DAG 2 VAN 7

Hanna


Het jy al ooit iets ontvang wat jy net diep binne jou weet, dit kom van die Here af?  Dit is asof daar geen ander verduideliking kan wees oor die manier waarop jy dit gekry het nie … behalwe deur die genade van God alleen.  



Ek hou daarvan om 'n gebedsjoernaal te hou. Dit gee my die geleentheid om te onthou hoe rou my gevoelens was tydens my uitroep tot die Here. Wanneer die gebed dan dae, maande en selfs jare later beantwoord word … kan ek in verwondering sê: “Dit was alles net die Here!”.



Hanna was 'n jong vrou wat in die tempel uitdrukking aan haar gevoelens gegee het. Haar hartseer was so diep dat woorde gesukkel het om oor haar lippe te kom.  Die priester het gedink sy is dronk!  O, die pyn wat sy moes gevoel het.  



Daar is dae wat ons soos Hanna voel, nie waar nie?  Die woorde sukkel om uit te kom, so seer is dit.  Tog hoor God daardie gebede net soos wat Hy Hanna se gebed gehoor het.  Haar smagting na 'n kind was 'n pleidooi wat God verhoor het.  Dit was net God!  Hanna maak 'n belofte aan God om haar kind aan Hom terug te gee. Toe haar seun Samuel gespeen is, het Hanna haar woord gehou.  'n Baie moeilike keuse, maar dink net hoeveel vrede moes sy gehad het.



Ek staan verstom oor Hanna se getrouheid aan haar belofte.  Ons is vinnig om vir God 'n wonderwerk te vra, maar vergeet dikwels die beloftes wat ons aan Hom gemaak het, net so vinnig.  Ons dien 'n God wat goed is en ons swakhede en ontrouheid ken.  Nogtans is dit belangrik om met 'n dankbare hart aan God terug te gee wat werklik aan Hom behoort … ons kinders, ons finansies en ons lewens.  



Mag Hanna se optrede ook ons s'n wees: “Nou gee ek hom vir die Here …”   Daar is geen beter plek as in die arms van die Vader nie.  Neem voorraad op van jou gebede wat beantwoord is.  Het jy die dinge wat jy belangrik ag aan God toegewy?  Elke deel van ons lewens wat ons aan Hom teruggee, sal floreer. Selfs meer as wat ons ooit kan droom.  



~Betsy


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Eve's Daughters - Life Lessons From Women In Scripture: Part 2

Ontdek hedendaagse lewenstoepassings deur die verhale van vroue in die Ou Testament. 

Ons bedank Whispers & Fringes vir die voorsiening van hierdie plan. Vir meer inligting besoek asseblief http://whispersandfringes.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid