Leesplan inligting

Hoekom Het Ek Jesus Nodig?Voorbeeld

Why Do I Need Jesus?

DAG 3 VAN 4

Jesus het vir die sondes van die hele wêreld gesterf. Dit is moeilik om jou in te dink hoekom enigeen die straf sou wou dra vir iets wat hulle nie gedoen het nie. Wat as daardie straf egter die dood was? Net Jesus kon dit vir ons doen omdat Hy die enigste een is wat nooit 'n enkele keer gesondig het nie. Wanneer ons ons sleg gedra en ongehoorsaam aan God is, mag ons dalk wonder hoe God ons ooit kon liefhê. God het egter nie vir Jesus gestuur om in ons plek te sterf omdat ons dit verdien het nie. Nee. Dit is weens sy groot liefde vir ons. Hy het geweet Jesus sou as 'n baba aarde toe kom nog voordat Adam en Eva gesondig het. Hy het jou ook geken nog voordat jy gebore is! Hy het van alles geweet wat jy ooit sou doen en Hy het steeds gekies om sy Seun te stuur om vir jou te sterf. Hy het selfs gekom om mense te red wat op die oog af te sleg vir Jesus se hulp was. Jy kan met God praat en Hom vra vir sy vergifnis en Hom ook vra om jou te help om jouself te vergewe.





Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Why Do I Need Jesus?

Hierdie leesplan, vir gesinne om saam te doen, stel kinders aan die verhaal van die Bybel bekend en help hulle om te sien hulle het 'n Verlosser nodig. God het van die begin af 'n plan gehad om Jesus te stuur. Elke dag s...

More

Baie dankie aan Life.Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid