Leesplan inligting

7 Dinge wat die Bybel oor Ouerskap SêVoorbeeld

7 Things The Bible Says About Parenting

DAG 7 VAN 7


'n Paar jaar gelede het ons op God se roeping gereageer om ons gesin deur pleegsorg en aanneming te vergroot. Ons het geweet dat dit moeilik sou wees, maar ons was gereed om die hande en voete van Jesus te wees vir gesinne in hul tyd van nood. Ons was gereed om die wêreld te verander. Wat ons nie besef het nie, was hoeveel God ons wêreld sou verander.


Mense vertel ons dikwels hoe spesiaal ons is om dit te doen. Laat ek jou 'n geheim vertel: pleegouers is nie spesiaal nie. Ons is stukkend; ons maak droog; ons skree, en ons het beslis nie alles onder beheer nie. Ons is maar net mense wat 'n pad van geloof stap en sommer in die wanorde induik. Wat egter wel spesiaal is, is wat God doen wanneer ons gehoorsaam is.


Die afgelope jare het ons as pleeggesin gesien hoe God, keer op keer, meer berge verskuif het as wat ons kon onthou dat Hy ooit voorheen gedoen het. Wanneer ons gedink het dat daar geen hoop op 'n verhouding met 'n kind se biologiese gesin was nie, het God opgedaag. Wanneer ons moes afskeid neem van sommige kinders in ons pleegsorg, het God opgedaag. Wanneer ons gedink het dat ons nie nog 'n dag sal oorleef nie, het God opgedaag.


Hierdie reis het ons ook gehelp om duideliker te verstaan ​​hoe God ons sien. Net soos ons kinders wat seer het in ons huis verwelkom, het God ons in sy familie verwelkom. Hy is ons hemelse Vader en ons Beskermer. Hy gee nie om wat ons probleme is, watter sonde ons gepleeg het, of waar ons tekort skiet nie. As ons na Hom toe kom, omhels Hy ons soos 'n vader, is onvoorwaardelik lief vir ons, en noem ons sy dogters en seuns.


As jy ontoereikend voel, as jy voel jy staar onmoontlike omstandighede in die gesig, of selfs as jy net nie seker is wat jy volgende moet doen nie, moedig ek jou aan om God te soek en die probleem aan te pak. Mense mag dink dat jy gek is. Trouens, ek kan jou waarborg dat hulle dit sal dink. Tog kan ek dit ook waarborg: God soek jou alreeds. Hy het 'n plan vir jou lewe wat ver bo enigiets is wat jy jou vandag kan voorstel.


Taylor Ketron
YouVersion Administrateur


Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

7 Things The Bible Says About Parenting

Om kinders groot te maak is moeilik, selfs onder die mees ideale omstandighede. In hierdie 7-dag leesplan deel werklike ouers — wat deel van die personeel van YouVersion is — hoe hulle beginsels uit die Woord van God toe...

More

Baie dankie aan YouVersion wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.bible.com/reading-plans

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid