Leesplan inligting

7 Dinge wat die Bybel oor Ouerskap SêVoorbeeld

7 Things The Bible Says About Parenting

DAG 1 VAN 7


Ons het hierdie vers in ons seun se kamer opgehang voor ons hom van die hospitaal af huis toe gebring het en ons sien dit elke aand wanneer ons hom in die bed sit. Dit dien as ‘n herinnering aan die groot roeping en verantwoordelikheid wat God op ons, sy ouers, geplaas het.


As ouers het ons die primêre verantwoordelikheid om die fondament van geloof vir ons kinders te lê. Of ons nou daarvan hou of nie, ons skets elke dag vir ons kinders ‘n prentjie van geloof. Elke woord, elke aksie en elke reaksie is ‘n verfstrepie in ons prentjie. In die uitlewing van ons daaglikse ouerskap, kan dit uitdagend voel om die perfekte prentjie te skets. Of jy nou te midde van slapelose nagte met ‘n baba is, of die uitdagings probeer oorleef om jou kind van die doeke af te kry, huiswerk en skool aktiwiteite probeer bestuur of die motorsleutels oorhandig; ouerskap bly ‘n moeilike taak. Ons moet egter onthou dat God nie van ons verwag om dit op ons eie te doen nie—Hy het ons kinders liewer as wat ons hulle ooit kan hê!


Hier is twee eenvoudige maniere om jou kinders na God te lei.


1. Bid vir en saam met jou kinders. Elke dag. Aanhoudende gebed is noodsaaklik om ‘n fondament van geloof vir jou kinders te bou. Moet nooit ophou om vir jou kinders te bid nie. Moenie toelaat dat hulle huidige omstandighede God se krag oorskadu nie. Selfs al hardloop jou kind tans van God af weg, is Hy altyd net ‘n gebed van hulle af. Gebed kan alles verander.


2. Moenie dit nie alleen doen nie. Volgens die gesegde, verg dit ‘n hele dorp om kinders groot te maak. Jy het mense in jou lewe nodig wat kan help om die regte rigting vir jou kinders aan te dui. Gaan as ‘n gesin saam kerk toe en dien saam in die kerk. Word deel van ‘n kleingroep met mense wat jou deur fases van ouerskap kan ondersteun. Ons het almal 'n gemeenskap nodig en dit is van uiterste belang vir jou en jou kinders om sterk, geloof-gebaseerde verhoudings te hê.


Dit is nooit te laat om in jou kinders se geloof te belê nie. Dit is ook nooit te vroeg om te begin nie. Stel die baan waarop jou kinders se geloof moet groei sodat dit na God wys.


Todd Dobberstein

YouVersion Produksiebestuurder


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

7 Things The Bible Says About Parenting

Om kinders groot te maak is moeilik, selfs onder die mees ideale omstandighede. In hierdie 7-dag leesplan deel werklike ouers — wat deel van die personeel van YouVersion is — hoe hulle beginsels uit die Woord van God toe...

More

Baie dankie aan YouVersion wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.bible.com/reading-plans

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid