Leesplan inligting

Die Rut UitdagingVoorbeeld

Ruth Challenge

DAG 4 VAN 4

JY IS VERLOS!



Die verhaal van Rut is 'n wonderlike voorbeeld van hoe Christus, en nie die wet nie, ons verlos. Die 'losser' het geweier om die stuk grond te vat, omdat hy dan vir Rut, die Moabiet en heiden, ook moes vat. Sulke mense was beskou as apart van God se mense. Hy het die reg gehad om so op te tree, want dit was wat die wet vereis het. IMMERS het die wet nie verhinder dat Rut 'n losser gekry het nie. Boas was daar en GEREED om Rut te neem net soos sy was. Ongeag haar agtergrond, wou hy haar hê. Ek kan nie sien dat sy rede enigiets anders as ware LIEFDE was nie!



Tien leiers was bymekaar en hulle het twee dinge aanskou. Eerstens was hulle getuies dat Rut se naaste familielid haar nie wou verlos nie, en tweedens was hulle getuies dat Boas bereid was om dit te doen. Hierdie tien leiers het die Tien Gebooie verteenwoordig om ons te wys dat die wet ons nie kan red nie, maar dit lei ons na die Een wat kan. Dit wys vir ons Hy is die enigste wat ons kan red en so word ons deur geloof geregverdig.



Die verhaal van Rut is 'n voorafskadu van die verlossingsdaad wat in die Nuwe Testament beskryf word. Dit wys vir ons die wonder dat Christus ons plek ingeneem het. Sy wet is volmaak, maar omdat Hy ons so liefgehad het (soos Boas vir Rut), het Hy besluit om ons te red toe die wet ons nie kon red nie en toe ons onsself ook nie kon red nie.



GOD VERANDER OMSTANDIGHEDE



Naomi het van 'n bitter vrou in 'n geseënde moeder van Israel verander. Dit het by bitterheid begin, maar met 'n glimlag geëindig. Ons het gesien hoe Rut se lewe heeltemal verander is. Sy het van 'n heidense weduwee, ver van God af, na 'n moeder in die geslagsregister gegaan wat nie net vir koning Dawid voortgebring het nie, maar wat uiteindelik ook vir die wêreld die Verlosser, Jesus Christus, gegee het.



Die verhaal gaan nie net oor Rut, Naomi en Boas nie. Dit gaan ook oor ons verhouding met Jesus en ons verlossing! Jy voel dalk so bitter soos Naomi en is kwaad vir God. Of jy voel soos Rut, ver verwyderd van die kennis van die ware God. Selfs al is jy so ver weg soos hulle twee, wys hierdie verhaal vir ons dat God dinge kan verander en iets uit niks kan maak … God hou daarvan om 'iemand' uit 'niemand' te maak.



Wat dink jy hiervan? #RuthChallenge
Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Ruth Challenge

Hierdie is 'n 4-dag uitdaging om die 4 hoofstukke in die boek Rut te lees — 'n groot liefdesverhaal in die Bybel. Rut sal jou begrip van verhoudings uitdaag en jou in staat stel om die skoonheid van God se verlossende li...

More

We would like to thank Kanayo Dike-Oduah for providing this plan. For more information, please visit: www.doctorkanayo.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid