Leesplan inligting

Die Rut UitdagingVoorbeeld

Ruth Challenge

DAG 2 VAN 4

DIT IS GOED OM TE DIEN



Rut is 'n beliggaming van die deugdige vrou soos sy in Spreuke 31 beskryf word.



Sy het met gretige hande gewerk (Spreuke 31:13).

Sy het kos vir haar gesin voorsien, deur die oorskietkos wat sy van Boas ontvang het aan Naomi te gee (Spreuke 31:15).



Rut het nie sit en wag om bedien te word nie, sy was van harte bereid om te dien en te doen wat gedoen moes word om te help. Doen jy dieselfde? Dink aan verskillende maniere waarop jy ander kan dien in alles wat jy doen; by die skool, kollege, universiteit, kerk, jeuggroep en oral. Jy moet in nederigheid dien en nie om lof van iemand te ontvang nie, maar slegs met 'n behoefte om as 'n kind van God, van diens te wees!



NET SOOS RUT MOET JY JOU TALENTE GEBRUIK EN GETROU DIEN WAAR JY GEPLANT IS



Bly daar waar God jou geplant het. Moenie afdwaal van die plek waar God jou in hierdie seisoen van jou lewe geplaas het nie, eerder as om na 'n ander plek te gaan waar jy buite sy wil is (Rut 2:8-9). Dit is gevaarlik om na plekke te gaan sonder instruksie, soos Boas in hierdie hoofstuk aan Rut beklemtoon het. Net so wil God hê dat jy vir 'n sekere seisoen in jou toegekende plek moet bly waar Hy jou teen leed wil beskerm. Het jy al ooit na 'n goddelose plek gegaan en daar ongemaklik gevoel? Dit is God wat vir jou sê … gee hiervandaan pad en kom in my Teenwoordigheid.



Sommige van ons is verward oor die plek waar God ons geplaas het. Glo dat jou teenwoordigheid in die kerk, skool, jou gesin en jou vriendskapskring, baie vir God beteken. Dien God dus met uitnemendheid in hierdie areas van jou lewe — asof jy direk vir God werk (Efesiërs 6:7).



DAMES: WAG VIR JOU BOAS



Die Boas-tipe man is 'n man wat van jou goeie werke hoor en jou bo ander uitkies, omdat hy sien dat jy 'n deugsame vrou is wat ywerig werk, en wat mooi en waardevol is. Boas het uitstekende dinge van Rut gehoor; sy het nie gekyf en was nie 'n 'slegte' vrou nie. Sy het haarself goed verteenwoordig en haar optrede was 'n weerspieëling van haar deugsame geaardheid. 'n Man wat jou regtig geheel en al waardeer, is 'n man wat jou diens en onderdanigheid werd is.



Dink na oor hoe jy God met uitnemendheid kan dien in die plek waar Hy jou geplaas het. Deel jou gedagtes op twitter #RuthChallenge
Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Ruth Challenge

Hierdie is 'n 4-dag uitdaging om die 4 hoofstukke in die boek Rut te lees — 'n groot liefdesverhaal in die Bybel. Rut sal jou begrip van verhoudings uitdaag en jou in staat stel om die skoonheid van God se verlossende li...

More

We would like to thank Kanayo Dike-Oduah for providing this plan. For more information, please visit: www.doctorkanayo.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid